Wyndruifwingerd op die herstelpad na droogte
Die plaaslike wynbedryf verwag in hierdie vroee stadium dat die 2019-wyndruifoes in die meeste streke na normaal kan terugkeer te danke aan goeie reenval kort op die hakke van ‘n drie jaar lange droogte.
Die Klein Karoo beleef egter steeds ‘n ernstige watertekort.
Die grootte en gehalte van die 2019-wyndruifoes sal verder beTnvloed word deur weerstoestande in die blomperiode en aanloop tot parstyd, tesame met wingerde se vermoe om van die droogte te herstel en die betrokke streek se wingerdstand.
Dit is volgens ‘n voorlopige verslag van die distrikstoestande wat onlangs deur die wynbedryfliggaam, Vinpro, se wingerdkundige konsultante saamgestel en deur die Suid-Afrikaanse Wynbedryf Inligting en -Stelsels (Sawis) uitgereikis.
“Die droe, warm toestande wat gedurende die 2018-parsseisoen geheers het, het voortgeduur in die na-oesperiode, wat in sommige gevalle n positiewe invloed op blaarval en die opbou van noodsaaklike reserwes gehad het,” se Francois Viljoen, bestuurder van Vinpro se wingerdkundige konsultasiediens.
Alle streke het in die winter goeie koue beleef en reenval was hoer as verlede jaar, met die uitsondering van die Klein Karoo, wat steeds onder ‘n ernstige droogte gebukgaan.
Lente het vroeer as normaal ingetree en die wingerde het aanvanklik vroeer as normaal begin bot.
In September het temperatuurskommelings egter wingerdgroei vertraag en in sekere kultivars tot laat en onegalige bot aanleiding gegee. Reen in September het ook produsente genoop om hul bestuursinsette ten opsigte van lower- en swambestuur te verhoog. Teen einde September het temperature weer toegeneem en wingerde weer goed begin groei.
“Ons sal ook nog sien hoe die wisselende weerstoestande wat in Oktober geheers het, in die wingerd uitspeel,” se Francois.
Die belangrikste opgaardamme was teen begin November voller as verlede jaar, naamlikTheewaterskloof (58%), Bergrivierdam (99%), Steenbrasdamme (bo 70%), Brandvleidam (59%) en Clanwilliamdam (96%). Grondwatervlakke is ook beter in die Swartland waar produsente hoofsaaklik droelandwingerd verbou.
Volgens Francois dra die groter beskikbaarheid van water by tot die bedryf se verwagting dat die wyndruifoes in die meeste streke na normale vlakke sal terugkeer, “mits die gunstige weerstoestande voortduur en geen uitermatige wind, hitte of reenval voorkom in die aanloop tot die 2019-parstyd, wat normaalweg einde Januarie begin nie”.
Lae reserwevlakke weens die vorige drie jaar se droogte, asook ‘n krimpende wingerdstand in die meerderheid streke sal ook deurslaggewende faktore ten opsigte van die 2019-oes wees. Die totale hektaar onder wyndruifwingerd in Suid-Afrika het met 1 296 ha gekrimp in 2017teenoor die vorige jaar. “Aan die positiewe kant sien ons ‘n herlewing in wyndruifwingerd-aanplantings in 2018,” se Francois.
Source: Worcester Standard News