Wonderwerk keer Persies
Worcester Perseverance het Saterdag (6 Oktober) in Wolseley weer gestruikel toe die tuisspan horn 31-25 geklop het.
Dit was ‘n wedstryd in die streekuitdaagkompetisie waar Persies teen Miracles van Wolseley moes uitspeel.
Miracles het sy geleenthede mooi gebruik en Persies se voordeellyn pal aangeval. Sy swaar pak voorspelers het daartoe bygedra dat sy agterlyn genoeg balbesit gekry het om die aanvalswerk te doen.
Miracles het die spel vroeg begin lei en was kort voor lank voor. Persies het stadig maar seker nader gekruip om die gaping so klein as moontlik te hou. Die spanne het mekaar behoorlik die stryd aangese, want al twee spanne wil na die volgende uit-speelwedstryd deurdring.
Persies het later momentum begin kry en verwoede aanvalle begin wat horn ook punte besorg het. Persies was rustyd 20-17 voor en alles het rooskleurig gelyk.
Die besoekers het die tweede helfte vinnig met nog n drie begin (25-17), maar verkeerde opsies en te veel foute het horn daarna duur te staan gekom.
Miracles het hard teruggeslaan en in die laaste 15 minute twee driee wat verdoel is, aangeteken – toe Persies gedink het die wedstryd is in die sakkie.
Persies het horn reggeruk en het sterk teruggeveg, maar op daardie tydstip was Miracles vol selfvertroue en het hy sy dissipline behou en verhoed dat Persies nog punte aanteken.
Die eindtelling was uiteindelik 31-25 vir Miracles.
Persies se puntemakers was Alley Johnson (skrumskakel) wat een drie gedruk en met twee strafskoppe en twee doelskoppe geslaag het, Chandrau Jeftha (vleuel) een drie en Alvizo Williams (die ander vleuel) wat ook ‘n drie gedruk het.
Persies geniet eerskomende Saterdag ‘n blaaskans voor sy volgende wedstryd Saterdag 20 Oktober teen Swellendam in die Esselenpark-stadion.
Source: Worcester Standard News