Visse by dosyne vir hengelaars
Na powere vangste twee weke gelede het dinge by Brandvlei-hengelkub se tweede kompetisie die afgelope Saterdag in Paarldam drasties verbeter.
Altesaam 999 visse is ingeweeg terwyl dosyne ondermaat vissies ook geland is. Spoedhengel en harde werk was aan die orde van die dag.
Uitslae is soos volg:. In die A-sone vir die seniors het Gerhard de Kock (62 visse) en Johan Coetzee (44 visse) onderskeidelik eerste en tweede geeindig.. Lourista de Jongh (25 visse) was eerste in die vroueafdeling.. In die A-sone vir die juniors was Zandre Malherbe (30 visse) die wenner.. In die meestersafdeling was Piet Matthysen (23 visse) eerste en Werner Cronje (23 visse) tweede.. In die B-sone vir die seniors was Jean Wilmot (55 visse) eerste en Johan van Niekerk (52 visse) tweede.. Sandra Fourie (30 visse) was eerste in die vroueafdeling.. In die B-sone vir die juniors was Meagan van Graan (15 visse) eerste.. In die meestersafdeling was Johan van Niekerk (52 visse) eerste en Theo Fourie (44 visse) tweede.. De Kock was die algehele wenner vir die seniors, Fourie die algehele wenner vir die vroue, Malherbe die algehele wenner vir die juniors en Van Niekerk die algehele wenner vir die meesters.
Die swaarste karp (3.83 kg) is deur John Coetzee gevang en die swaarste baber (9.45 kg) is deur Danie Wilmot gevang.
Source: Worcester Standard News