Viewpro stel rekord op
View Pro het verlede Sondag se toeskouers telkemale uit hul sitplekke laat opspring.
View Pro het Aviators ingestuur om eerste te kolf. View Pro se boulers het gou die oorhand gekry en die arme Aviators se kolwers het gesukkel om iopies op die telbord te kry. Aviators is tot net 49 Iopies beperk. View Pro het gou sy toporde-kolwers verloor, wat baie druk op die middelorde geplaas het. Dit was n wedstryd wat nog baie lank onthou gaan word., want albei spanne het ‘n sielkundige oorlog op sosiale media gevoer. Vir View Pro was dit n wedstryd wat hy moes wen om na die kwarteindstryd deur te dring.
Aviators het nog ‘n buitekans gehad as hy albei sy wedstryde in die groepfase wen. Albei spanne was baie oorgehaal om net hul beste te gee. View Pro het regtig goed gevaar om Riverview se misdaad te laat afneem en mense sien nou daarna uit om Sondae rustig hul span te ondersteun.
Die afrigter van View Pro moes weer hard praat met sy span wat weer eens met die kolf teleurgestel het. Sy span het slegs 57 Iopies aangeteken vir n voorsprong van agt Iopies. Lenno Louw, View Pro se uitgeslape kaptein wat ‘n skerp krieket-brein het, het alles uitgehaal om sy span op die wenpad te kry. Louw, wat sy aanvangsbouler net een boulbeurt laat in Aviators se kolfbeurt afstuur het, het baie vrae by die toeskouers gelaat. Hy het ook die nuwe bal aan Collin Hermanus gegee om die kolwers met sy swaaiballe te laat bontstaan. Collin het gewys hoekom hy een van die voorste boulers in die toernooi is. Hy het n rekord opgestel en vier paaltjies van vier agtereenvolgende balle geneem en sy span in ‘n baie gunstige posisie geplaas om die wedstryd te wen.
View Pro is die taak gestel om 36 Iopies aan te teken om die wedstryd te wen. Sy openingskolwer, Leethin Williams, het egter ander planne gehad. Hy het die kolf ingele en drie groot sesse geslaan om sy span maklik met 10 paaltjies te laat wen.
Die laaste wedstryde in die groepfase word die naweek gespeel. View Pro se eerste span speel teen die voorlopers, Zazon, op sy tuisveld in Hexpark en View Pro 2 teen St. Parkers.