Vier tuindag met jou eie kruietuin
Pinterest Hierdie komende Sondag kan plantliefhebbers en diegene met groen vingers gerus tyd in die tuin deurbring – Sondag is nasionale tuindag.
Tuindag (11 Oktober) is ‘n geleentheid vir mense oor die land om gereedskap op te neem en hul tuine te vier. Almal kan deelneem, ongeag die grootte van hul tuine -grasperke, vensterbanke in potte, stedelike dakke of patio-potplante; almal is welkom.
Hoe jy dit vier, is heeltemal in jou hande – die belangrikste is om buite te wees, ‘n blomkroon te dra en die lente met ‘n huppel in die stap te verwelkom.
StandardwW hierdie week aan lesers wys hoe maklik en eenvoudig jy ‘n kruietuin kan begin – al het jy min plek.
Kruie is veelsydige plantjies wat versorging, water en aandag benodig. Soms is talle se droom om ‘n gevestigde kruietuin te he – iets wat gekortwiek word deur ‘n gebrek aan ruimte.
Kruie word gebruik in kos, medisyne en ander kosmetiese produkte.
Kruie kan of per plant of met sade gekoop en gekweek word, maar hoe jy jou kruie gebruik, is in jou hande.
Wat het jy nodig:Plastiekbottels, soos tweeliter-koeldrankbottels;Spykers en draad;’n Palet;Kompos;Kruie.Hoe maakjy dan?
Step 1:
Plaas die bottel op sy kant en sny ‘n gat vir jou kruie. Maak gaatjies aan die onderkant vi r d re i ner i ng.
Step 2:
Maak ‘n gat in die onderkant van die bottel en druk ‘n spyker daardeur. Maakdraad aan al twee kante vasen hang dit teen jou palet.
Stap 3:
Maak die grond nat voordatjydie plantjies of saadjies plant. Vul die bottel met kompos. Pak dit stewig vas en maak dit nat.
Step 4:
Plant kruie in die bottel.
Plant die kruie, vul dit op met kompos en maak weer goed nat.
Die kruiebottels kan ook met draad gehang word of selfs net so in vensterbanke gepak word.. Kruie benodig ewe veel son en skadu en genoegsame water en aandag.
Source: Worcester Standard News