Veldtog teen geweld van stapel gestuur
Die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vrouer en kinders woord jaarsliks van 25 November tot 10 Desember gehou en vanjaar is geen uitsondering nie
Die regering se inligtingsdiens, GCIS, stel weer vanjaar die bewusmakingsveldtogte in gemeenskappe in Worcester bekend om inwoners betrokke by die kommerwekkende probleem te kry.
Die koordineerder van die veldtogte en adjunkdirekteur van GCIS, Peter Titus, glo ditmeskerm. Geweld teen een vrou in ons gemeenskap is een te veel,” se Titus.
“Dit is die verantwoordelikheid van elke staatsdepartement om soos een vors saam te staan en hierdie veldtog te ondersteun en die geweld teen vroue en kinders in ons gemeenskap te beveg,” voeg hy by.
Die sleuteldepartemente verbonde daaraan om van die veldtog n sukses te maak, is die Suid-Afrikaanse polisiediens, die departement van justisie, die nasionale vervol-gingsgesag, die departement van maatskaplike ontwikkeling sowel as die departement korrektiewe dienste.
“Sonder die nieregeringsorganisasies soos Famsa, ACVV en Association for Persons with Disabilities (APD), sowel as Kindersorg, sal die regering nooit hierdie geveg alleen kan veg nie,” se Titus.
Daar sal Dinsdag 27 November om 13:00 ‘n praatjie oor dwelmmisbruik en mense-handel, op die hoek van Hoog- en Baringstraat aangebied word.
Inwoners word genooi na ‘n praatjie Donderdag 29 November om 10:00 om hulle meer in te lig oor die geweld teen vroue en kinders.
‘n Padblokkade sal Vrydag 30 November in Worcester gehou word en Saterdag 1 Desember sal die voorkoming van HIV/Vigs in die kollig wees.
‘n Bewusmakingsprogram oor persone met gestremdhede sal Maandag 3 Desember aangebied word terwyl die bekendstelling van die opgeknapte traumakamers by die polisiekantoor in De Dooms, Rawsonville, Worcester en Touwsrivier Donderdag 6 Desember sal geskied.
Mense wat nog graag benodigdhede wil skenk, is welkom om dit by die APD se kantoor op die hoek van Grey- en Kerkhofstraat af te gee.
Vir nog inligting, bel Titus by 079 396 6623.
Source: Worcester Standard News