Van vlakkiekrieket tot Nasionale Kampioenskap
Warren Davids, wat eersdaags die Boland- binnenshuise krieketvereniging in die nasionale kampioenskapstoernooi in Boksburg, Gauteng, gaan verteenwoordig. Warren Davids, ‘n speler van die Hartwig Lions-krieketklub, is gekies om die Boland-binnenshuise krieketvereniging van 3 tot 9 Oktober in die nasionale kampioenskapstoernooi in Boksburg, Gauteng, te verteenwoordig.
Dit is ‘n reuseprestasie vir die klub aangesien dit die derde keer in die geskiedenis van Hartwig Lions is dat n speler wat vlakkiekrieket en later die hardebalweergawe en 00k binnenshuise krieket begin speel het, tot die hoogste provinsiale vlak opgeroep word.
Davids sal Boland in die ope-afdeling vir mans asook die o.21-kampioenskap verteenwoordig.
Vir Davids om egter die prestigeryke toernooi by te woon, moet hy teen die einde van Augustus R9 000 insamel om sy eie koste te dek. Die klub vra dat enige organisasie of sakeonderneming wat ‘n bydrae tot die suksesstorie van Davids kan lewer, ‘n finansiele bydrae maak.
JapieVisser, die klub se voorsitter, kan by 065 013 6508 of 078 646 3310 (WhatsApp) ofjapievisser42@gmail.com vir enige bydrae of navrae gekontak word.
“Vir ons sal enige finansiele bystand ‘n riem onder die hart wees,” se Visser.
Geld kan in die Boland Binnenshuise Krieketvereniging se rekening inbetaal word by ABSA, rekeningnommer 4095779799 en takkode 632005. Die kontakpersoon by die vereniging is Gavin Lesch by 084 500 6804.