Valleiers ondersteun crazy walk to mars veldtog fluks
Tientalle Valleiers het Donderdag 4 Oktober elkeen 1 km op die trapmeul vir Life Path Health se Crazy Walk to Mars by die Mountain Mill-winkelsentrum afgele. Die landwye Crazy Walk to Mars-veldtog word aangebied om die “mal”- en “crazy”-stigma wat met geestesiekte verband hou, met iets wat meer pret is, te assosieer.
Hester Dittmer, die koordineerder, se sy is tevrede met die opkoms van mense wat deelneem. Talle deelnemers het selfs ‘n paar minute van hul inkopietyd afgeknyp om aan die crazy walk deel te neem.
Deelnemers het kolwyntjies en c/azy-sokkies vir hul deelname ontvang. Appels en lemoene met glimlaggies en hartseer gesiggies is by die inligtingstalletjie uitgestal om die gevoelens van geestesiektes uit te beeld.
Louise Ademola, een van die deelnemers, se sy het ter ondersteuning van mense wat aan geestesiektes ly, deelgeneem.
Die Crazy Walk-optogte word in die Wes-Kaap deur psigiatriese hospitale in samewerking met winkelsentrums aangebied. Die veldtog is Woensdag 3 Oktober by die Table Bay Mall aangebied, Vrydag 5 Oktober by Paarl Mall, Saterdag 6 Oktober by Tygervallei-sentrum, Dinsdag 9 Oktober by Cape Gate en gister, Woensdag 10 Oktober, by Canal Walk.
Geestesiektes sluit depressie, angs, posttraumatiese stres en bipolere gemoedsversteuring in. Volgens navorsing sal een uit elke drie Suid-Afrikaners in hul leeftyd ‘n geestesgesondheidskrisis beleef.
Pines-kliniek, ‘n plaaslike instansie wat op geestesiektes fokus, is in Kerkstraat gelee. Mense wat hulp verlang kan 023 342 3113 skakel.
Source: Worcester Standard News