Twee nuwe grootvoete vir Aquila
Twee jong 14-jarige olifante is onlangs na die Groot 5 Aquila Private Wildreservaat en Spa buite Touwsrivier verskuif, wat die trop vergroot het en die reservaat se bewaringsprogramme verbeter het.
“Aquila is trots daarop om die eerste Wes-Kaapse private wildreservaat in 270 jaar te wees wat die Groot 5 weer aan die Kaap kon bekendstel het nadat koloniale jagters die meeste van hierdie spesies hier doodgeskiet het,” verduidelik Searl Derman, Aquila se eienaar.Hy se die verskuiwing van die olifante was ‘n reusetaak en se die reservaat se spanne was baie opgewonde dat die olifante suksesvol by Aquila vrygelaat is.
“Geen koste is ontsien nie, om te verseker dat ‘n span navorsers, veeartse en bewaringspersoneel die proses fyn dophou terwyl hulle die olifante se gedrag monitor,” vertel Derman.Een van die twee nuwe olifante wat by Aquila ingebring is, is ‘n wesie en is eers gerehabiliteer voordat dit hier vrygelaat is. Omdat die ander olifant van die twee in “ballingskap” gebore is, bied hierdie olifant aan die bewaringspanne ‘n wonderlike navorsingsgeleentheid. Hulle kan horn bestudeer en waarneem waar hy nou vir die eerste keer vry rondloop saam met die Groot 5 en wild in die reservaat.Volgens die span wat toesig hou oor die verskuiwing en bekendstelling, bied Aquila die ideale tuiste en plek vir die vrylating van hierdie twee olifante.
Hier word die twee nou die geleentheid gebied word om hul te vestig en ‘n gemaklike, vryrondlopende lewe saam met ander wild te lei. Alhoewel die vrylating en bekendstelling van die olifante ‘n sukses was, was dit nie sonder voorval nie toe een van die twee ‘n relletjie met ‘n renoster gehad het. “Na ‘n groot vertoning van kamma-stormloop, trompettery en oorklappery, het albei partye ongedeerd en salig weggestap,” vertel Derman.
Die olifante het hul eerste dag spandeer deur hul nuwe tuiste te verken en geinteresseerd met ander wild om te gaan. Derman se dat die ontmoeting tussen die reservaat se diere en een van die Aquila-olifante “‘n pragtigeoomblik was, aangesien hulle mekaar nederig gegroeten onmiddellik ge-bo/7dhet”.
Die navorsingspan se die bekendstelling van die olifante het beter verloop het as wat hulle verwag het voeg by dat dit een van die beste loslatings is wat hulle nog gesien het. Volgens hulle is die olifante se angs- en stresvlakke minimaal en is hul slurp-posisie en liggaamshouding bevredigend. Dit is belangrik om daarop te let dat Aquila ‘n streng geen aanraking en interaksie-beleid het en dat besoekers slegs na die majestueuse diere kan kyk terwyl hulle op ‘n wildrit in die 10 000 ha-bewarea is.
Die besigheid Aquila Collections is oor die afgelope 22 jaar bekroon met van die mees gesogte plaaslike, nasionale en internasionale toekennings vir sy bewaringswerk,. volhoubare toerisme, sosiale opheffingspogings en gaste-ervaring. Mees onlangs het Aquila die gesogte Skal International Sustainable Tourism-toekenning vir ‘n groot toerisme-onderneming vir internasionale verantwoordelike sakepraktyke by sy arsenaal van toekennings gevoeg. Derman sluit af: “Om wild te verskuif en weer in te bring is altyd riskant, en ek wil graag die spanne bedank vir hul toesig oor die hervestiging van hierdie pragtige diere. Dit is uiters verblydend om hierdie oomblik te kon aanskou en ons is trots om ons wildbewaringswerk voort te sit terwyl ons ons wildbevolkings uitbrei.”