Touwsriver se rugbyveld veer dorp se trots
n Rugbyveld is ‘n dorp se trots en Touwsrivier s’n is so mooi dat geen ander veld in die Boland daarby kan kers vashou nie.
Dit was sowat ‘n jaar gelede hoegenaamd nie dieselfde storie nie toe die veld so min gras gehad het dat dit onder dorpenaars as Touws se stofland bekendgestaan het.
Die Breedevallei-munisipaliteit het egter na jare se gepleit deur inwoners ingegryp en die veld ‘n vars voorkoms gegee.
Eusewes Prins, ‘n oudspeler en oudvoorsitter van Touwsrivier se rugbyklub, verduidelik dat die BVM en verskeie sleutelmense uit hul pad gegaan het om die rugbyveld en paviljoene asook die perseel ‘n nuwe voorkoms te gee.
“Ons het jare gesukkel en die veld het stadig maar seker agteruit begin gaan. Dit was al deel van die BVM se jaarplanne, maar dit is telkens tot die volgende jaar uitgestel. Ons was verbaas toe die BVM verlede jaar met die werk aan die rugbyveld begin het,” se Prins.
Veiligheid by die veld is opgeknap en ‘n nuwe hek is aangebring. Al die gate in die sinkheining is reggemaak.
Die tekort aan toiletgeriewe is opgelos en nuwe pype en toilette is geinstalleer.
Nuwe houtplanke is op die paviljoene aangebring nadat die oues na jare se hitte en reen uitmekaar begin val het.
“Die dag toe die BVM die grasrolle hier aanbring, was almal baie opgewonde. Hulle het besproeiing geinstalleer en toe is die gras gele.”
Die rugbyveld se lowergroen gras voel nou sag onder die voete soos ‘n nuwe mat en die dae van net stof is verby.
“Ek wil van my kant af spesifiek vir Neville Fourie, Denver Pienaar en Adam Davids en sy span vir al hul harde werk met die veld bedank. Dit beteken baie vir ons in Touwsrivier, want hier is rugby nie net ‘n sport nie. Saterdagmiddae kom almal vir die plaaslike wedstryde rugbyveld toe,” voeg Petrus Saal, die klub se skakelbeampte, by.
“Dit hou die kinders uit die strate en dit hou jan en alleman ook aan die gang. Dit is inderdaad ons eie Nuweland en ek is trots om op die veld te kan staan.”
Die manne glo rugby en die gees van die sport gaan nou werklik kans kry om op Touwsrivier te seevier.
Source: Worcester Standard News