Sneeu net waar jy kyk
Breedevalleiers en Witzenbergers het die afgelope Sondag en Maandag sneeu gesien soos lanklaas in die gebied.
Hewige reen het tot oorstromings gelei en in Rawsonville is etlike mense dood nadat ‘n trekker op n laagwaterbrug weggespoel het (berig op bl. 1).
Die Hugenote-tonnel tussen Worcester en Paarl is 16:45 Sondagmiddag eers weer vir verkeer oopgestel na n kragonderbreking Sondagoggend en die verkeer is aanvanklik na die Ou Dutoitskloofpas herlei.
Die Bainskloofpas was gesluit na modderstortings en ‘n boom wat oor die pad geval het, het Kenny Africa, die provinsiale verkeershoof, bevestig.
Didi de Kock, die eienaar van die Matroosberg-natuurreservaat, het Sondagmiddag vieruur gese dit “stormreen en sneeu” op die pieke van die berg buite Ceres.
Sneeu het Sondagnag tot Maandagoggend oor bergagtige en hoogliggende dele van die Namakwa-distrik in die Noord-Kaap, die Weskus en die Kaapse Wynlande-distrik geval.
Die publiek en kleinveeboere is gewaarsku oor sneeu, uiterste koue, nat weer en stormsterk westewinde.
Minimumtemperature onder 10 °C het oor die meeste van die land voorgekom en op sommige plekke het die kwik tot onder vriespunt gedaal, soos Sutherland (-2 °C), Upington (-1 °C), De Aar (-2 °C) en Kokstad (-5 °C).
In die Suidwes-Kaap kan die suidwestewind tot 30 km/h bereik, met tot 40 km/h in die Suid-Kaap.
Vandag (Donderdag) en die komende naweek word sonnige weer vir die gebied voorspel.
Source: Worcester Standard News