Seun het passie vir musiek
Die 14-jarige Stefan Suter van Worcester gaan vanjaar aan die Hubert van der Spuy-nasionale musiekkompetisie, wat in September in Parow beslis word, deelneem. ‘n Jong klavierspeler van Worcester gaan vanjaar aan die 32ste Hubert van der Spuy-nasionale musiekkompetisie, wat in September plaasvind, deelneem.
Die 14-jarige Stefan Suter van die Vallei iseen van 52deelnemers van oor Suid-Afrika heen wat aan die musiekkompetisie gaan deelneem.
Volgens Erika Suter, Stefan se ma, was hyeintlik reeds in 2019 ‘n finalis, maartoe Covid-19 die land in 2020 tref, is alle kompetisies gestaak.
“Die finaliste is deel van die uitgesoekte groep wat aan die kompetisie mag deelneem. Verlede jaar is geen kompetisie weens Covid-19 aangebied nie,” se sy.
“Hy het in graad 1 begin met blokfluit en toe in die vierde kwartaal met klavier by Worcester Primer. Die musiekjuffrou by die skool het destyds aanbeveel dat die kinders met blokfluit begin omdat dit maklik is in vergelyking met klavier. Hy het baie goed gevorder en ek het geweet dat hy toe reg is vir klavier. Hy het besonders vinnig gevorder,” vertel sy.
Sy se Stefan ontvang die afgelope paar jaar twee lesse per week van ‘n halfuur elk en het baie genot daaruit gekry.
Stefan gaan tans skool by die Duitse Internasionale Skool in Kaapstad. Hy kry ook klavierlesse by prof. Albie van Schalkwyk, die 2009-wenner van die Huberte Rupert-prys, wat die SA Akademie vir Kuns en Wetenskap aan horn toegeken het vir sy bydrae tot ensemblespel en -onderrig die afgelope 30 jaar.
“Stefan neem deel aan baie kompetisies en geniet dit om op te tree. Hy het ook al sy eie konsert hier in Worcester aangebied. Ek is regtig trots op horn. Hy het ook onlangs begin viool speel,” se sy ma.
Volgens die organiseerders van die kompetisie is die missie van die Hubert van der Spuy-nasionale musiekkompetisie om talentvolle jong musiekleerders die geleentheid te bied om by mekaar in ‘n kompetisie-omgewing te leer en om op nasionale vlak mee te ding.
Die kompetisieweek duur van 19 tot 23 September in die Hugo Lambrechts-musieksentrum in Parow.
Die eindronde van die kompetisie word op 23 September regstreeks uitgesaai.