Riverview Primer marsjeer pryse los in drilkompetisie
Almal is trots op hulle drilvertoning.
Riverview Primer se orkes is 21 Oktober by die VVP-drilvereniging se kompetisie as naaswenners gekroon.
Tweede plek klink dalk nie so indrukwekkend nie, maar as jy by die afrigter Rodney Booysen hoor dat die skool deelgeneem het teen 18 laerskole en 34 verskillende spanne dan verander die prentjie drasties.
“Ons het soggens vroeg en saans tot laat saam met die groep jongmense geoefen. Dit was harde werk, maar al die opofferings was die moeite werd. Ek is baie trots op die groep,” het Booysen gese.
Riverview Primer was die enigste skool van die Kaapse Wynlanddistrikwataan die kompetisie deelgeneem het.
“Die span het vierde plek gekry vir besgeklede span en tweede plek vir die beste tamboermajoor en twee eerste plekke in die beste drilvertoning en die verby-marsjeer.”
Die spanbestuurder, Jacques Hartman, se dat hierdie sport jongmense dissipline leer.
“Dit leer hulle om verantwoordelik te wees asook stiptelikheid en om te konsentreer. Die belangrikste vaardigheid wat dit hul leer, is om te luister.
Hierdie sport speel ‘n rol in jongmense se lewe. Dit gaan hulle help om eendag suksesvol te wees in hul werk,” se Hartman.
“Die kompetisie is al vir die laaste tien jaar aan die gang en vanjaar het Riverview in die laerskoolafceling onder die beginnergroep deelgeneem/’voeg hy by.
Uit die groep het ses van die skool se leerders, Jamie-Lee Harmse, Tristen Kallemeyer, Cassidy-Jade Wehr, Irvi-Nique Pienaar, Keagen Jacobs en Meshaan Matthysen almal vir die VVP-span gekwalifiseer.
Die span se bestuur vvil alle borge bedank wat dit moontlik gemaak het vir die span om deel te kan neem aan kompetisie.
“Ons gaan beslis weer deelneem volgende jaar. Ek doen ‘n beroep op ander skole dat, indien daar leerders is byjou skool wat belangstel, hul my sal kontak by 083 3551944. Die sport bevorder jongmense,” se Booysen.
Source: Worcester Standard News