Riool steeds ‘n probleem
Volgens ‘n inwoner loop rou riool reeds vir sowat twee weke in Pelikaanstraat af.
Sy verduidelik sy het die Breedevallei-munisipaliteit in kennis gestel en het n verwysingsnommer ontvang. Die BVM het wel uitgekom, maar net die dreindeksels opgelig en weer gery.
“Wanneer ‘n mens se werkvervoer jou kom haal, moet n mens sukkel om oor die rioolwater te kom,” noem sy.
Sy voeg by dit hoy ‘n gesondheidsgevaar vir kindersen bejaardes in.
Die BVM op sy beurt se egter as ‘n mens al die aspekte in ag neem wat tot die probleem bydra,. veral beurtkrag en die onverantwoordelike gebruik van hierdie stelsels, sal die krisis ongelukkig voortduur.
Volgens die munisipaliteit gaan n nuwe pompstelsel binnekort in Avianpark opgerig word.
“Ons kan nie n presiese datum gee nie aangesien die pomp binne die volgende maand eers in Worcester sal wees. Dit was belangrik om ‘n behoorlike ontleding van die huidige behoeftes rakende riool te doen. Daarna moes ook eers gekyk word na hoe die toekoms van die woongedeelte lyk, en daarna moes die geskikte en mees doeltreffende pomp verkry word,” verduidelik die BVM.
Volgens die munisipaliteit is dit n taamlike proses en moet al hierdie prosesse in pas wees met die BVM se mandaat om deursigtig op te tree en binne die raamwerk van billike en regmatige verkryging te werk.
“Ons moet nou, meer as ooit en terwyl ons die krisis van beurtkrag tussendeur bestuur, die dreineerstelsel verantwoordelik gebruik,” se die munisipaliteit.
Die BVM voer aan hy het selfs elektroniese toebehore, klippe, bakstene, plastieksakke vol rommel en heel plante en borne in die stelsels gekry.
“Ons almal moet nou saamstaan en sy deel doen. Worcester en die nabye dorpe is sekerlik in die mooiste deel van hierdie land gelee. Ons moet almal daadwerklike pogings aanwend om dit so te hou, dit te beskerm en verder tot iets meer merkwaardig uit te bou. Ons is daartoe in staat. Ons is hoopvol dat die pomp, wat ‘n gevorderde en ingewikkelde stelsel is, die kwessie die hoof sal bied en die probleme sal oplos. Intussen probeer die BVM ook kyk na alternatiewe om die probleem in die tussentyd aan te durf,” verduidelik die BVM.
Volgens die munisipaliteit bestee riooldienste die meeste van sy tyd in Avianpark om probleme soos hierdie op te los. Hy beklemtoon dit is belangrik om te verstaan dat dit n hele stelsel is wat aan verskeie komponente verbind is.
Die BMV se as riooldienswerkers in die straat na n probleem gaan kyk, is dit ‘n gegewe dat hulle die spoor tot by die oorsaak van die probleem of tot by ‘n ander deel of element van die stelsel moet volg.
Dus gaan hulle nie die hele tyd op een plek werk om die probleem te probeer oplos nie, se die BVM.