R43 million water project started
Die eerste sooi is gespit vir Tulbagh se grootmaat-watervoorsieningsprojek van R43 miljoen.
Die geleentheid is deur die Wes-Kaapse departement van water en sanitasie (DWS) en Witzenberg-munisipaliteit gehou.
Dit beteken dat konstruksie aan die projek, befonds deur die DWS se streek-grootmaatinfrastruktuurtoelae, nou gaan begin.
Volgens die departement het die Witzenberg-munisipaliteit ernstige waterprobleme ondervind tydens die droogtes van 2004 en 2005.
“Spesifiek die dorp Tulbagh het probleme ondervind. n Ondersoek is in 2008 gedoen, wat alle beskikbare waterbronne (oppervlak- en grondwater) gekwantifiseer het. Die ondersoek het bevind daar is groot ontoereikendheid rondom beskikbare waterbronne in Tulbagh, Wolseley en Prince Alfred Hamlet,.” lui ‘n verslag.
Benewens watersekerheid, het die projek ook ten doel om laekostebehuising te verskaf.
“Vergroting van watervoorsiening sal geskied deur middel van opknapping en vervanging van pype en pypleidings asook die verskaffing van nuwe berging deur middel van reservoirs, en nuut opgegradeerde waterbehandelingswerke (verbetering van behandelingskapasiteit),” verduidelik Sputnik Ratau, mediaskakelbeampte vir die departement van water en sanitasie.
“Van die werk sal algemeen van aard wees in sommige gebiede, en kan elders verskil.”
Werksgeleenthede sal ook na verwagting gedurende die konstruksieproses geskep word, wat na verwagting teen Julie 2022 voltooi sal wees.
“Werkskepping sal deur die kontrakteurs geskat word sodra werk begin,” het Ratau gese. “Die werk sal hoofsaaklik korttermyn wees vir die duur van die verskillende fases van die konstruksie.
Die projek gaan poog om verskeie gebiede binne die Witzenberg- munisipale gebied te bevoordeel.