Patrollies is suksesvol
AfriForum se veiligheidstrukture, onder meer in De Dooms, het van 30 tot 31 Julie aan ‘n uiters suksesvolle nasionale patrollie deelgeneem.
Patrollielede in die Noord-, Wes-, Suid- en Oos-Kaap was deel hiervan.
Hoewel minder AfriForum-lede aan hierdie patrollie deelgeneem het in vergelyking met vorige patrollies – hoofsaaklik weens die Covid-19-pandemie, boerderywerksaamhede en algemene wintersiektes – was daar wel ‘n 91%-verhoging in deelname deur nie-AfriForum-lede. Dit sluit verhoogde betrokkenheid deur die polisie en ander veiligheidstrukture in die omgewing in. Nagenoeg 400 voertuie het altesaam 14 000 km in twee dae afgele terwyl altesaam 43 voorvalle hanteer is.
Hierdie patrollie het ook as ‘n geleentheid vir buurtwagte gedien om na hul onderskeie gemeenskappe uit te reik. Buurtwaglede het onder meer kerrie-en-rys en kospakkies by plaaslike polisiekantore uitgedeel om die bestaande goeie verhoudings tussen die polisie en buurtwagte selfs verder uit te bou.
Die patrollie het ten doel gehad om hoe sigbaarheid te handhaaf en dit is bereik deur voertuie in ‘n konvooi deur dorpe te laat ry, padblokkades saam met die polisie te hou, kwaadstokers uit woongebiede te verwyder en beslag te le op n verskeidenheid onwettige, tuisgemaakte wapens.
“Veiligheid is in almal se belang en daarom is dit belangrik dat ons almal saamwerk om verhoogde vlakke van veiligheid in ons gemeenskappe te bewerkstellig.
“Veiligheid is in almal se belang en daarom is dit belangrik dat ons almal saamwerk om verhoogde vlakke van veiligheid in ons gemeenskappe te bewerkstellig. Die regering het steeds nie die vermoe of die wil om gemeenskappe te beveilig nie en daarom word ons genoodsaak om dit self te doen,” se Mark Kuys, AfriForum se veiligheidshoof vir die suid-streek.
“Die nasionale patrollies het ook ten doel om verhoudings tussen veiligheidstrukture te bevorder en verskaf die geskikte platform om hierdie samewerking tussen AfriForum-buurtwagte, die polisie, sekerheidsmaatskappyeen ander plaaslike buurtwagte te bewerkstellig en aan te moedig,” sluit Kuys af.