Pandemie raak nou ook die kinderhuis
Die Herberg Kinderhuis het n nuwe projek van stapel gestuur. Foto: Nog n slagoffer van die pandemie hetjou hulp nodig.
Die Herberg-kinderhuis in Robertson het onlangs sy Borg-‘n-kind-projek bekendgestel.
“Tydens die pandemie het talle organisasies sonder winsbejag oor die algemeen afgeneem,” verduidelik Petro Uren, die kinderhuis se bemarker.
“By ons het nie net ons groot borge verminder en skenkings afgeneem nie, maar ook ons kleiner skenkings van individue. Kerkgemeentes kon ook nie as gevolg van die pandemie skenkings aan ons gee nie.”
Hulle sien tans om na 122 kinders en benodig baie van die alledaagse noodsaaklikhede.
“Ons moes nou die dag die eerste keer in ‘n baie lang tyd seep gaan koop. Dis hierdie soort noodsaaklike items wat die kinders op die oomblik nodig het. Mense hoef nie net geld te skenk nie, maar kan ook toiletware, klere, kos en selfs skryfbehoeftes aan die kinders skenk,” se Uren.
Mense wat daarin belangstel om ‘n kind te borg, kan die besonderhede by die kinderhuis kry.
Die borge sal dan elke jaar ‘n verslag kry oor die kind se vordering en mag dan ook ‘n meer persoonlike band bou deur verjaardagkaartjies aan hul gekose kind te stuur.. Vir verdere inligting oor hoe om die Herberg-kinderhuis in Robertson te ondersteun, kan Petro Uren by petro@herberg. co.za of by 023 626 3140 of084 586 2583 gekontak word.