Ovaalbaanjaers jaag teen kanker
FC Nieuwoudt Altesaam 148 renjaers van die Suid-, Wes- en Oos-Kaap gaan Saterdag 10 Oktober op Kleinplasie bymekaarkom om aan ‘n wedren deel te neem ten bate van Kansa.
Die Mega Ovalbaan-klub gaan ook ‘n potjiekoskompetisie aanbied waar die deelnemers hulle potte kan skenk en die kos verkoop word om geld vir Kansa in te samel, ‘n Gedeelte van die inskrywingsgeld van die bestuurders gaan ook geskenk word. Christo en Cobus van die Broers gaan musiek verskaf.
Wat die wedrenne betref, gaan al die bekendes daar wees. Die 1 660-klas spog met name soos Kosie Weyers, JP du Plessis, Jacques du Plessis, Francois Engelbrecht, Francois van Rhyn, Gert Ellis, Tersius van Tonder, Jaco Kirchner en Burger van der Westhuizen van Oudtshoorn-motorklub. In die hotrods is dit Etienne Olivier, Hank Els in hul Mazda Rotaries teen Stan van Elst, Pierre Kotze en Elru Viljoen. Eugene Zoghby en Francois Smit is egter enige tyd ook ‘n potensiele wenner.
Die 2.1-klas spog met bestuurders wat op die hoogste vlak meeding en nie een bestuurder is hier verseker van ‘n wen nie. Hendrickus Botha van Oudsthoorn, JP du Plessis, Eugene de Wet, SA1 Mario Verwey, Brennon Green en Tersius van Tonder is almal moontlike wenners terwyl Craig Brand en Theo Laubscher ook sal wil wys dat hulle saam met die voorste manne kan ry.
As gevolg van Covid-19 is getalle beperken sal streng Covid-19-reels toegepas word.. Gereelde toeskouers word aangemoedig om die wedrenne op die stromingsdiens te volg teen R100 per kaartjie. Vind die skakel by www.megaoval.co.za
Source: Worcester Standard News