Ou pakstoor word nou ‘n B waardevolle leersentrum
Die Denau-boerdery het sy nuwe leersentrum vir die plaaswerkers se kinders geopen. Die amptelike inwyding van die leersentrum was Maandag 7 Oktober.
Die leersentrum huisves bykans 50 kinders in die nasorg en n bykomende 50 kinders in die kleuterskool.
Al die kinders het die voorreg om van die rekenaarlokaal met internet gebruik te maak. Daar is ook n groot speelplek en n babaklas. Verder beskik die sentrum oor n gebou vir n toekomstige kliniek vir die Denau-personeel en kinders. Die kinders ontvang elke dag gratis etes terwyl hulle by die leersentrum hul aktiwiteite beoefen.
Aanvanklik was daar eers drie verskillende creches tot die plaaswerkers se beskikking, maar Denau-boerdery het besluit om die drie creches saam te smelt en ook n nasorgsentrum op die been te bring.
“Toe ons met die projek begin het, wou ons he die eindproduk moes beter wees as enigiets wat ons in die verlede gedoen het omdat ons regtig baie in ons mense belangstel. Ons glo dit is gerusstellend vir elke werker om hul kinders hier af te laai,” vertel Fanie Naude, besturende direkteur van Denau-boerdery.
Denau-boerdery beskou die bou van hierdie leersentrum as sy grootste projek tot dusver.
Die Breedevallei-munisipaliteit het by monde van die onderburgemeester, John Levendal, op sy beurt dank teenoor die Naude-familie uitgespreek en noem dat die Denau-boerdery al diejare n groot rol in die lewe van die mense van die Breedevallei speel.
Op haar beurt het die burgemeester van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, Helena von Schlicht, gese: “Dit wat vandag hier, met die opening van Sprokiesland gebeur,. word verwelkom op plaaslike regeringsvlak. Dit is sulke projekte wat ons land sal red. Ons het groot waardering vir dit.”
Source: Worcester Standard News