Orchard primer hou gholfdag
Orchard Primer gaan Saterdag 31 Julie n gholfdag hou om geld vir die skool in te samel.
Danver Olsen, ‘n onderwyser by die skool, se die skool samel gereeld geld in vir skooluitstappies om sodoende die leerders aan verskeie geleenthede bloot te stel.
Olsen vertel hy het in 2018 en 2019 van die leerders Pretoria toe geneem waar hulle die Uniegebou besoek het.
“In 2018 hetonsook na die Springbokke teen die All Blacks gaan kyken in 2019 het SA Rugby 60 komplimentere kaartjies vir ons geborg om die rugbywedstryd teen Argentinie, net voor die Wereldbeker, te gaan kyk,” se Olsen.
Hy se hulle wou hierdie jaar ook iets reel, maar Covid-19 het hul planne in die wiele gery. Hy se egter die gholfdag is al lank op die skool se program. Die doel van die gholfdag is vir onderwysontwikkeling en vir die leerders wat 1 Oktober op hul Potberg-kamp gaan.
Die kamp word jaarliks vir leerders aangebied en kos R700. Olsen se daar is baie leerders wat dit nie kan bekostig nie en dat die gholfdag “twee vliee met een klap” wil doodslaan wat geldinsameling betref.
Die gholfdag sal by die Riverside-gholfklub in Worcester plaasvind. Die prys per persoon en span is onderskeidelik R250 en R750. Van die pryse is onder meer TV-stelle en halwe lammers. Mense wat belangstel om die dag by te woon, kan vir Danver Olsen by 082 495 6562 bel.