Onnie van Ceres gekeur vir fees
‘n Ceresiet wat hom beywer vir die bevordering van die riel is uit aansoeke landwyd gekeur vir die Suidoosterfees en die Jakes Gerwel-stigting se tweede liriekskryfmentorskapprogram.
Die plaaslike liedjieskrywer wat gekies is vir die program is Duwayne Lombard. Hy kom uit die Koo-vallei naby Montagu en geeonderwys by die G.B. Batt Primere Skool in Ceres.
Hy blink uit in verskeie kompetisies en beywer hom vir die bevordering van die rieldans.
“Ons werk en speel”, ‘n liedjie van Duwayne, is deur Pieter van der Westhuizen gesing, en dit is in 2019 in die ATKV-rieldanskompetisie as beste rielliedjie aangewys.
Aansoeke vir deelname aan die ontwikkelingsinisiatief is van oor die land heen ontvang, en ‘n paneel kundiges in die musiekbedryf het die volgende kandidate vir die mentorskap aangewys: Bryson Appels, Duwayne Lombard, Jemaine Julies, Monique Basson, Mpumelelo Kamkam en Waldon Ewerts.
Die alombekende kunstenaar en televisie-persoonlikheid Frazer Barry sal as mentor optree wanneer die kandidate van 1 tot 15 September vir ‘n skrywersverblyf by die Jakes Gerwel-stigting se Paulet-huis in Somerset-Oos aanmeld.
Die ander kandidate wat gekeur is, is:. Bryson Appels van Alabama naby Klerksdorp. Sy musiekword beskryfas “vandiestraatvirdiestraat”;. Mpumelelo KamKam, oorspronklik van Bathurst in die Oos-Kaap, wat op laerskool ‘n skoolkoor op die been gebring het waarvan hy die hoofsanger was;. Waldon Ewerts, ‘n liedjieskrywer en musiekvervaardiger van Prins Albert wat gereeld by funksies optree en die kitaar en ukulele bespeel;. Jemaine Julies van Stanford wat versot is op Afrikaanse R&B, wie se liedjies op verskeie gemeenskapsradiostasies uitgesaai word;. Monique Basson, n boorling van die Swartland, wat op ‘n jong ouderdom deur die musiekgogga gebyt is. Haar oupa, wat elke dag van sy lewe musiek gemaak het, het haar passie vir die kunsvorm gevoed. Monique het ‘n BA in drama en teaterstudie aan die Universiteit Stellenbosch behaal, en sy het 14 jaar sangopleiding agter die blad.
Die ses aspirantliriekskrywers sal onder Frazer Barry se mentorskap werk aan ‘n produksie wat in 2022 by die Suidoosterfees gaan debuteer. Vir meer inligting oor die liriekskryfmentorskap en ander opwindende ontwikke/ingsprojekte, besoek die webwerwe van die Suidoosterfees (www.suidoosterfees.co.za) en die Jakes Gerwel-stigting (www.jgf.org.za).