Onderdele-deskundige tree af na 41 jaar diens
Een van Worcester se bekendste inwoners wanneer dit by voertuig- elektriese onderdele kom, die 66-jarige William Swarts, sluit aan die einde van September ‘n besonderse tydvak in sy lewe af wanneer hy na net meer as 41 jaar in diens van Diesel-Electric as senior verkoopsman halt roep.
William, ‘n getoe Worcesteriet, het in Augustus 1979 as onderdeleklerk by Diesel-Electric begin werk en het horn mettertyd oorwegend in die voertuig- elektriese afdeling bekwaam, waar hy oor die jare letterlik honderde klante met raad en bystand bedien het.
Hy het ook menige verkoopskursus oor die jare bygewoon en was ook bevoorreg om in 1987 as deel van ‘n Suid-Afrikaanse kontingent na fabrieke in Duitsland te reis om daar eerstehandse kennis te gaan opdoen oor Bosch-kraggereedskap en alles wat daarmee gepaard gaan.
Hy is later na Zimbabwe waar hy verdere kennis oor voorraad waarin sy maatskappy spesialiseer, gaan opdoen het.
William het nie net ‘n besondere verhouding met sy klante opgebou nie, maar het oor die jare blywende vriendskappe gesluit wat selfs oor landgrense strek.
William dien ook op die kerkraad van die VGK Worcester-Oos en lewer ‘n besonderse bydrae in die gemeente se buitewyke in Nuy, Overhex en die afgelope aantal jare ook in Aan De Dooms met die geestelike bearbeiding van lidmate. Hy is ook betrokke by die Christelike afhanklikheidsbediening (CAB).
Hy is by uitstek ‘n gemeenskapsmens en dien ook as voorsitter op die Worcester-gemeenskapsieersentrum (ABET), is bestuurslid van die Bruin Belange-inisiatief en is reeds langer as 25 jaar ook die voorsitter van die welsynsinisiatief Chipros.
Source: Worcester Standard News