Omseil komende slangseisoen so
Andre du Preez van Silverfox Snake Rescues in Worcester. Namate die somer begin aanbreek, seil die slangseisoen al hoe nader.
Silverfox Snake Rescues, Sandy’s Eden en Boland Animal Society (BAS) het besluit om kragte saam te snoer vir die beter beskerming en welstand van alle diere en mense in die Worcester-omgewing.
Elkeen van hierdie organisasies het sy eie unieke vaardighede en passie om allerlei beskerming en redding te bied.
Andre du Preez van Silverfox Snake Rescues in Worcester spesialiseer al twee dekades in die redding van reptiele (slange), voels en enige wilde diere wat bedreig word en bedreigings vir mense se veiligheid inhou.
Hy se hy het die afgelope paar weke reeds bykans dertig slange in die gebied gevang.
In verlede jaar se slangseisoen is bykans 300 gevalle net in die Worcester-omgewing by Andre aangemeld en honderde slange is uit huise gered. Van hierdie slange was die meerderheid Kaapse kobras, pofadders en boomslange. Alles word uit Andre se eie sak gedoen as diens aan die gemeenskap en hy hef geen uitroepfooi nie – hy maak uitsluitlik op skenkings staat.
Dierewelsyn is ons grootste voorkeur en ons glo alle diere het die reg op ‘n gehalte-lewe en voldoende voeding. Ons wil dieremishandeling bekamp en verminder. Ons wil dieresiektes wat ook na mense, en veral kinders, oorgedra kan word (wurms en brandsiekte) bekamp. Ons dienste is altyd beskikbaar. Opvoeding van die gemeenskap wat betref diereversorging en dieregedrag (slange ingesluit) is baie belangrik en dit voorkom voorvalle waar kinders in gevaarlike situasies beland. Dit verhoed voorvalle waar mense gebyt of gepik word en leer kinders ook respek vir diere,” se Andre.
Hy is 24/7 beskikbaar om slange te verwyder of te help met enige diere wat dalk bedreigend voorkom. Hy kan by 082 305 9209 bereik word.
Sandy’s Eden, wat deur Juenieta Everson en haar familie bedryf word, help met honde, katte en enige huishoudelike diere wat hulp benodig.
Hulle het ‘n kliniek waar beseerde honde na ure basiese noodbehandeling ontvang, en hulle neem hul diens na die publiek met uitreikaksies, sterilisasies, ontwurming, inenting en dipsessies. Hulle help ook met enige noodgevalle en is ten alle tye beskikbaar by 076 597 3027.
Boland Animal Society se Engela Blom het magtiging om uitvoering te gee aan die dierebeskermingswet. Hulle dryf ook sterilisasieveldtogte onder honde en katte, wat verdere mishandeling voorkom. Dit sluit die Breedevallei-streek in. Kontak hulle by 023 3471049.
“Slange is oral. Net omdat jy hulle nie sien nie, beteken nie hulle is nie daar nie. Hou jou erf skoon. Hulle kruip weg waar hitte of skadu is – onder plate en selfs in pype. Kyk waar jy jou hande en voete sit – hulle is oral,” verduidelik Andre. Hy se wat ‘n mens moet doen as jy ‘n slang teekom: “Die belangrikste is dat jy ‘n tree terug gee om ‘n veilige afstand te behou. As dit in die huis is, sorg dat jy uit die kamer kom, maak die deur toe en sit iets voor die deur sodat die slang nie kan uitkom nie. Bel dan dadelik ‘n slangvanger en lig die res van die huishouding in. As dit buite is, hou jou troeteldiere weg, hou die slang se beweging van ‘n veilige afstand af dop en bel ‘n slangvanger,” waarsku hy.
Source: Worcester Standard News