Nuwe speaker reg om te nuwe lei
Dr. Julian Kritzinger is op verlede week se raadsvergadering as die nuwe Speaker van die Breedevallei-munisipaliteit verkies.
Die nuwe Speaker van die Breedevallei-munisipaliteit, dr. Julian Kritzinger, is gereed en gerat om sy nuwe pligte uit te voer en die gemeenskappe in hierdie munisipale gebied op nog n wyse te dien.
Kritzinger is op verlede Dinsdag (24 Augustus) se maandelikse raadsvergadering as Speaker na die afsterwe van Neil Mercuur, wat Vrydag 20 Augustus dood is, verkies.
Kritzinger is op 8 Mei 1983 in Worcester gebore, waarna hy in 2001 sy skoolloopbaan by Worcester Gimnasium voltooi het. Hy was sedert die ouderdom van 12 reeds gek oor politiek en het in 1995 as vrywilliger by die destydse Nuwe Nasionale Party betrokke geraak.
Hy het egter in 2003 n diploma in Frans voltooi, waarna hy met sy BA-graad in internasionale studies by die US begin het. Hy het ook sy LLB-regsgraad in 2010 behaal en sy meesters in 2012 voltooi. Daarna het hy sy doktorsgraad in handelsreg in 2017 aan die Universiteit van Kaapstad voltooi.
” ‘n Interessante anekdote is dat die PhD wat ek in 2017 ontvang het, die eerste studie van sy soort oor aanlyn arbitrasiereg in Suid-Afrika was. Die tesis was getiteld ‘Commercial Arbitration in Cyberspace: The Legal and Technical Requirements Towards a More Effective Lex Electronica Arbitralis’,” vertel Kritzinger.
Hy is sedert 2002 (dus al vir 19 jaar) ‘n student en is tans besig met sy tweede PhD-graad. Die keer studeer hy in sy vrye tyd verder in maatskappyreg deur die Universiteit van Kaapstad en die tesis handel oor hoe die Suid-Afrikaanse maatskappyreg sal moet aanpas om maatskappye se aanlyn jaarvergaderings beter te akkommodeer.
Betrokkenheid by die BVM
” ‘n Mens kan nooit te vroeg begin om jou gemeenskap te dien nie. Ek het vrywillig as party-aktivis begin werk toe ek in 1995 in Standerd 4 was en daarna nog nie opgehou nie. Ek sal graag ander lede van die publiek ook wou uitnooi om betrokke te raak om hul gemeenskap te dien en ‘n verskil in die lewe van mense te maak, want geen werk is meer bevredigend nie,” se Kritzinger.
Kritzinger is in 2006, op 22jaar, as wyksraadslid virwyk6 verkies-diejongste raadslid tot op datum by die Breedevallei-munisipaliteit.
Kritzinger verduidelik hy was van 2006 tot 2011 wyk 6 se raadslid en van die hoogtepunte uit daardie tydperk sluit onder meer in die insette wat hy en die wykskomitee destyds tot die fynere aspekte rakende die uitleg van die Mountain Mill Mall en die Golden Valley Casino moes gee.
“Sedert 2016 is ek wyk 7 se wyksraadslid en ook burgemeesterskomiteelid vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling, toerisme, kuns en kultuur,” se hy.
Volgens Kritzinger was Worcester se 200-jaar feesvieringe n persoonlike hoogtepunt omdat hy as portefeuljehouer vir kultuur nou hierby betrokke was.
“Die opstel van die ruimtelike visie vir die beoogde Uitvlugt-nywerheidspark was ook ‘n hoogtepunt as portefeuljehouer vir plaasllike ekonomiese ontwikkeling,” voeg hy by.
Kritzinger noem ook dat hy as wyk 7 se wyksraadslid hoogtepunte ervaar het, soos in die afgelope termyn die uitleg van die 18 nuwe erwe in Dirkie Uysstraat in Meiringspark (dit sal die eerste keer in meer as 40 jaar wees dat Worcester noordwaarts gaan uitbrei) en die nuwe Hoogstraat- en Proteaweg-glybaan in Rouxpark.
Rol as Speaker
“Ek is ‘n toegewyde en resultaat-gedrewe aktivis vir verandering en ek glo dat dit beginselvaste, demokratiese en dienende leierskap, eerlikheid, integriteit en moed vereis om ‘n vreeslose beskermer van die Grondwet te wees,” se Kritzinger.
Hy beskryfsy verkiesing vir die posas ‘n baie nederige ervaring, “wantjy werk met die drome en behoeftes en verwagtings van soveel inwonersdaar buite”.
Hy voeg by van sy verwagtinge in die nuwe rol is goeie samewerking van alle rolspelers en al sy kollegas moet onthou dat hulle daar is om die publiek te dien en nie om hulself te dien nie.
“Ook dat die integriteit van die raad te alle tye beskerm sal word, dat die Breedevallei-munisipaliteit se potensiaal verder verwesenlik sal word en dat inwoners sal voel hulle kry waarde vir hul belastinggeld; dat diegene wat hulp die nodigste het, dit ook sal ervaar en voel dat hulp byderhand is,” voeg Kritzinger by.
Sy persoonlike leuse is: ‘Teamwork makes the South African dream work.’
“Aangesien Breedevallei Suid-Afrika se Care Capital’ is, rus ‘n swaarder las op ons wat die gemeenskap hier dien, as elders, aangesien ons gemeenskap soveel kwesbare groeperings het.
“Gevolglik is die ‘omgee’-element in hierdie werk baie belangrik sodat ‘n mens ‘n verskil in die lewe van die publiek kan maak – veral in die lewe van diegene waar ‘n verskil die nodigste is,” noem hy.
“Dit is nogal ironies dat dit juis in die tyd van die Covid-19-pandemie is wanneer ons veilige afstande moet handhaaf, ook die tyd is wanneer ons figuurlik gesproke na mekaar moet uitreik en mekaar moet bystaan en onderskraag,” se Kritzinger.