Miss Petite Teen winner
‘n Jong skoonheid van Worcester, Caitlin Adams, het haar slag op die loopplank gewys en ‘n nasionale titel huis toe gebring.
Die 14-jarige is op ‘n glansryke geleentheid as Miss Petite Teen South Africa gekroon. Die geleentheid is by die Association of the Portuguese Community of Pretoria Hall (ACPP) gehou.
Adams, wat nie ‘n nuweling op die loopplank is nie, is verledejaar as Miss Junior Teen Western Province gekroon, en dit is met die titel waarmee sy aan die nasionale kompetisie gaan deelneem het.
Oor hoe sy gevoel het toe sy gekroon word, se sy: “Ek het allerhande emosies gevoel, maar die belangrikste was dat ek trots was op myself en gelukkig was dat ek my land kan verteenwoordig en verandering kan bring.’
Sy se dat sy, nadat sy gekroon is, vir haarself gefluister het: “Ek het dit reggekry.”
Hierdie woorde getuig van die belofte wat sy aan haar oupa gemaak het voordat sy na Pretoria vertrek het om aan die kompetisie deel te neem.
“Ek het rillings teen my ruggraat af gevoel toe ek gekroon is. Ek het trane in my oe gekry toe ek besef dat hy op my afkyk en dat ek horn op daardie oomblik trots maak,” voeg sy by.
Die aspirantmodel het aan Standardgese haar eerste kompetisie waaraan sy deelgeneem het, was toe sy net ses was. Die eerste een wat sy gewen het, was in 2013 toe sy as Mej. Pre-Primer gekroon is.
Oor haar reis tot dusver se sy: “Sedert ek ‘n klein dogtertjie was, het ek baie graag mooi klere en hoehakskoene aangetrek en vir my gesin geparadeer.”
As ‘n jong meisie het Adams veral vir Demi-Leigh Tebow bewonder. Nadat sy gesien het hoe Demi Mej. Suid-Afrika en toe Mej. Heelal wen, het sy haar oe op die kroon gerig.
“En ‘n paar jaar later is ek trots om te kan se dat ek meer bereik het as wat ek as klein dogtertjie ooit sou kon dink,” vertel sy trots.
Volgens Adams is dit ‘n integrale deel van haar posisie as pas bekroonde Miss Petite Teen om terug te gee aan die gemeenskap. Omdat sy ‘n passie het om terug te gee, voer sy haar pligte met die grootste grasie uit.
Oor planne vir die toekoms se Adams: “My planne vir nou is om te fokus op hierdie titel, en om my dorp en my land trots te maak. Ek het geen idee watter deure hierdie titel vir my sal oopmaak nie, maar nou met die aanbreek van my tyd om die kroon te dra is ek opgewonde oor al die nuwe dinge waarby ek betrokke kan raak. ”