Leerlinge trap 500 km kaf vir minderbevoorregtes
Altesaam 18 Kwaggas, oftewel leerders van die Hoerskool Outeniqua in George, het meer as 500 km op hul fietse afgele om geld vir ‘n minderbevoorregte laerskool in te samel.
Die Impak-fietstoer het met die ondersteuning van Solidariteit Helpende Hand van Saterdag 23Junietot Woensdag 27Junie plaasgevind.
Die graad 10-tot-12-leerders se roete het oor 525 km van George tot in Worcester gestrek.
Die fietstoer vind onder die vaandel van die Hoerskool Outeniqua se Impak-portefeulje plaas. Impak is een van verskeie portefeuljes waaraan leerlinge van die skool kan behoort om hul leiersvaardighede te ontwikkel.
Elandi Rautenbach, ‘n onderwyseres wat gemoeid is met die fietstoer, se die hooffokus van die projek is om geld vir ‘n plaaslike skool in te samel. “Die skool, Laerskool Herold, is sowat 30 km van George af en die leerders kom uit huise waar diegeldsakedruk.”
Die doel van die projek is om vir die skool ‘n preprimerklas te bou. Altesaam 14 preprimerleerders ontvang tans onderrig in ‘n stoorkamertjie by die skool.
“Die geld sal ook gebruik word om minder bevoorregte kinders in die omgewing te help.”
Dit is die tweede keer dat die fietstoer plaasvind. Geld is in 2016 vir die Manna vir die Boere-projek ingesamel.
Besoek Impak se Facebook-blad Impakohs, bel 072 261 2871 of stuur e-pos na impakohs@gmail.com vir inligting.
Die Laerskool Herold, tussen George en Oudtshoorn, was drie jaar gelede (in 2015) 110 jaar oud.
Source: Worcester Standard News