Klub moet glo nou na sy maai vlieg
Die Worcester-vliegklub en die Breedevallei-munisipaliteit (BVM) gaan hof toe nadat die munisipaliteit die vliegklub kennis gegee het om die vliegveld te ontruim.
Standard verneem betroubaar by die vliegklub die BVM het die Worcester-vliegklub kennis gegee om die vliegveld binne ‘n gegewe tydperk te ontruim.
Nie die munisipaliteit of die vliegklub wil meer uitbrei oor die aangeleentheid nie.
Louis Lategan, voorsitter van die Worcester-vliegklub, het die gerug bevestig.
“Aangesien hierdie saak nou op pad hof toe is, sal ek nie kommentaar kan lewer nie,” het Lategan by navraag gese.
Hannes du Bois, die vliegklub se regsverteenwoordiger, se die saak is na ‘n advokaat verwys en hulle kan nie kommentaar lewer nie.
Van die bewerings wat gemaak is, is dat daar glo gate in die heinings was en beeste op die vliegveld gewei het.
Standard verneem dit was van die klagtes van die vliegklub wat in die verlede aan die munisipaliteit oor die vliegveld ingedien is.
“Op die oomblik is die instandhouding van die heining die munisipaliteit se verantwoordelikheid en hy kom dit goed na. Ek is nie bewus van enige gate nie. Daar was in die verlede probleme, maar hulle het dit reggemaak. Negatiewe publisiteit oor iets soos beeste op die aanloopbaan sal nie goed wees nie,” se Lategan.
. Die BVM het aan Standard gese die saak is tans in die hof en die koerant kan slegs deur ‘n Paia-aansoek (Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting) toegang tot diedokument kry.
Source: Worcester Standard News