Klein sake kan hier aanklop
Eienaars van klein ondernemings, entrepreneurs en voornemende entrepreneurs het Woensdag, 1 November gehoor waar en hoe hullefinansiele hulp kan kry as ‘n bank hulle nie kan help nie.
Die Kleinsake finansieringsagentskap (Sefa) het op ‘n sakeontbyt by Golden Valley Casino die groep ingelig hoe hulle met behulp van Sefa finansiele ondersteuning kan kry.
Sefa verskaf finansiele dienste en produkte aan kwalifiserende besighede en rapporteer aan die minister van kleinsakeontwikkeling.
“Hier is potensiaal vir entrepreneurs om vooruit te gaan in Worcester. Met die regte mense soos Sefa kan hulle dit doen.
“Ons help alle besighede in enige sektor maar ons het ook kriteria waaraan die besighede moet voldoen. Ons help veral die vvat nie finansiele hulp kan kry van banke nie. Ons vvil sien dat wanneer ons die besighede help dat daar werk geskep word/’ het Likelelie Makaulule, ‘n Sefa-beampte, gese.
Makaulule se dat hulle ook graag vroue en jongmense wil bemagtig.
“Ons wil graag sien dat vroue, jongmense en gestremde persone se besighede floreer. Die nasionale ontwikkelingsplan se dat klein ondernemings sowat 90% werksgeleenthede in die volgende paar jaar sal skep.”
Makaulule se ook entrepreneurs en klein ondernemings moet aan hul deur kom klop, omdat hulle die besighede help om werkte skep en behou.
“Oor die afgelope drie gelcjare (2013 tot 2016) het Sefa sowat R3,3 miljoen se lenings aan besighede toegestaan en hierdeur gesorg dat 182 000 werksgeleenthede geskep en behou is.”
Source: Worcester Standard News