Klein dorpe ook fokus vir onafhanklike wes kaap
Die afgelope jaar was daar n toename in die hoeveelheid organisasies en politieke partye wat hul gewig agter die idee van ‘n onafhanklike Wes-Kaap gooi.
Volgens Phil Craig van die Cape Independence Advocacy- groep is die plan om meer mense in kleiner dorpe bewus te maak oor die idee van onafhanklikheid.
“Ons doen dit deur middel van optogte, maar as gevolg van Covid-19 kon ons nie so baie protesaksies hou soos wat ons wou nie. Ons beplan n optog in die nabye toekoms vir Kaapstad omdat dit sentraal gelee is en die meeste aandag sal trek. Ons sal ook een in George reel sodat ons soort van albei kante van die Wes-Kaap dek.
Volgens Craig gaan onafhanklikheid daaroor dat die mense van die Kaap hul eie regering wil kies en die regering tot verantwoording kan roep.
“Alle ondersteuners van onafhanklikheid kan maklik daaroor saamstem, maar hulle sal onvermydelik verskillende sienings he oor hoe dit bereik moet word, en hoe en deur wie n onafhanklike Kaap daarna bestuur moet word. Sodra onafhanklikheid gewen is, sal demokratiese verkiesings gehou word om oor hierdie vrae te beslis. Intussen word mense aangetrek na n onafhanklikheidsgroep of groepe wat hul persoonlike waardes die naaste weerspieel,” se Craig.
Van die groepe wat die Wes-Kaapse Onafhanklikheid ondersteun, is die Vryheidsfront Plus, United Liberty Alliance (ULA), Cape Coloured Congress (CCC), CapeXit, Sovereign State of Good Hope (SSoGH) en die Cape Party.
Nie die regte tyd
“Die kwessie van Wes-Kaapse Onafhanklikheid kan slegs in die nasionale vergadering ter sprake kom. Almal wat daaroor praat op n plaaslike vlak, lieg. Die kwessie van plaaslike regeringsverkiesings het te doen met plaaslike regeringskwessies soos dienslewering, verantwoordbaarheid van wyksraadslede, agterstand in behuising en waglyste,” se Fadiel Adams, president van die Cape Coloured Congress.
Volgens Adams kan onafhanklikheid nie op plaaslike vlak bespreek word nie en is die bespreking nie veronderstel om nou plaas te vind nie.
“Ek verstaan nie hoekom mense nou oor die kwessie praat nie. Alhoewel ons party 100% met die idee van onafhanklikheid saamstem, is dit nie nou die tyd om daaroor te praat nie. Dit is wat gebeur as politici geen rekord het om iets te lewer nie en plaaslik steun van hul kiesers begin verloor, dat hulle oor onafhanklikheid wil praat. Ons kan nie toelaat dat politici dit in enige stadium as n politieke instrument gebruik om stemme te verkry nie,” se Adams.
Volgens Adams is daar ‘n gevoel dat mense oor die algemeen moeg is vir die verbroke beloftes van die ANC, maar dat partye moet fokus op kwessies wat met die plaaslike regering verband hou omdat die plaaslike regering niks met die onafhanklikheid van die Wes-Kaap te doen het nie.
“Hierdie verkiesing moet handel oor kwessies wat die plaaslike regering raak. Sommige politieke partye het die afgelope vyf jaar min of niks gedoen nie en wil nou op die wa van n onafhanklike Wes-Kaap spring. Ons is almal vir onafhanklikheid, maar wat het dit met die huidige verkiesing te doen? Die plaaslike regering kan nie besluit oor n kwessie soos ‘n onafhanklike Wes-Kaap nie, so hoekom praat ons daaroor?” vra Adams. Volgens horn kan hierdie kwessie slegs bespreek word as die nasionale verkiesing in 2024 plaasvind.