Kinders met disleksie leer lees deur kleur
Marlise Roberts, ‘n mamma van Worcester met ‘n kind by wie disleksie gediagnoseer is, se boekies om kinders met disleksie te help, werp goed vrugte af.
Marlise het twee jaar gelede n leesstelsel, Lees Deur Kleur, ontwerp en vandag bestaan die reeks uit meer as 10 boekies.
“Ons eerste boekies het in Maart 2018 verskyn. Tans het ons 12 en teen die middel van November sal ons 17 boekies in die reeks he,” seJohan Stuit, skakelbeampte van Lees Deur Kleur.
Marlise, die brein agter die leesstelsel, en Johan, wat haar met die navorsing help, het onlangs ‘n paar remedierende onderwysers van Worcester na hul leessentrum in Worcester genooi om die stelsel aan hulle bekend te stel.
“Die doel van die dag is om te kyk hoe ons die skole in Worcester met Lees DeurKleurkan betreken help,” se Johan.
Marlise, wat geen onderwysopleiding het nie en ook die skrywer van die Lees Deur Kleur-reeks is, se sy het met die idee vorendag gekom nadat die sielkundiges en spesialiste gese het haar dogter is disleksies.
Sy se sy het net gevoel sy moes iets doen om haar dogter te help en dis hoe Lees DeurKleurontstaan het. Vandag help sy kinders reg oor Suid-Afrika met hierdie stelsel.
Lees deurKleurhelp kinders om op ‘n vroeer ouderdom kleur en klanke te herken. Dit verbeter hul spel- en skryfvermoe en leer hulle eenvormigheid en struktuur, wat tot vlot en vloeiend lees lei. Dit vergemaklik ook woordbou en verbeter die kind se begrip van woorde. Sy gebruik rooi, blou en groen in haar leesboekies om die kinders te help.
“Elke kleur is noukeurig gekies vir die spesifieke uitwerking wat dit op die kind se oe en brein het. Gewoonlik gebruik ons die linkerkant van die brein om te lees. Die Lees DeurKleur-leesstelsel span ook die regterkant in en dit maak ‘n vinniger en groter impak wanneer dit by lees kom,” se Johan.
Marlise se sy het net drie dae nodig met ‘n kind wat sukkel om te lees en die verskil is ongelooflik.
“Die jongste kind wat ek tans help, is vier jaar oud. Dit neem drie dae om al daardie klanke te leer. Dit verg drie dae en tien lesse totdat hulle die eerste boekie kan lees,” se sy. “Ek wil graag ander kinders wat ook leesprobleme ondervind, help. Ek wil nie net ‘n verskil in ‘n kind se lewe maak nie, maar ook in die gemeenskap se lewe.”
Johan se dis hoekom hulle besluit het om met skole in Worcester te werk sodat hulle deur hierdie stelsel kinders met hul leesvermoe kan help.
Lees Deur Kleur het voorverlede Donderdag ‘n pak van hul reeks boekies aan al die onderwysers teenwoordig geskenk.
Source: Worcester Stanadard News