Jong sanger wil inspireer
Melissa Jane Campher (19), ‘n oudleerder van die Hoerskool Breerivier, het vanjaar haar eerste enkelsnit “Ek is vry” bekendgestel.
Melissa vertel aan Standarddat sy begin sing het toe sy 14 jaar oud was en se dit was nog altyd haar passie.
Volgens haar was sy ‘n baie skaam meisie en het sy meer selfvertroue gekry toe sy vir die eerste keer by Expression Sessions – n platform wat elke laaste Donderdag van die maand by die Klein Teater gehou word – gesing het.
Sy se haar ouers was eers teen die idee gekant omdat sy gereeld funksies moes bywoon terwyl sy nog op skool was.
“Hulle het vir my gese ek moet op my skoolwerk fokus en ‘n balans vind, maar hulle het ook gesien dat ek ‘n passie vir sang het,” se sy.
“Ek droom daarvan om eendag een van die beste Afrikaanse sangers in die land te wees en ek is dankbaar vir my ouers se ondersteuning,” voeg sy by.
Volgens Melissa is dit een van haar hoogtepunte wanneer sy ‘n glimlag op iemand se gesig kan sit met haar sangtalent.
“Ek wil aan die jong mense se jou droom is nie te groot nie, jy kan dit bereik. Moenie bang wees nie, glo net in jouself,” se Melissa.
Die 19-jarige se sy wil mense met haar musiek en lirieke inspireer. Sy vertel dat sy destyds deel van ATKV Crescendo was – ‘n slypskool vir jong liriekskrywers, waar musikante soos Danie du Toit (Spoegwolf) en Hemelbesem haar gehelp het om in haar talent tegroei.
“Hulle het my die nodige leiding gegee om van my loopbaan ‘n sukses te maak en my denkwyse te verskuif om vir my te laat glo dat daar wel ‘n loopbaan in musiek is,” voeg sy by.
“Ek het hierdie liedjie twee jaar gelede geskryf en altyd vir myself gese ek moet dit eendag vrystel. My motivering agter die liedjie is net om dit aan mense op te dra wat deur ‘n moeilike tyd gaan of mense wat familie en vriende verloor het,” se sy.
Volgens Melissa wil sy eendag ‘n voltydse Sanger wees en ‘n verskil in die lewe van mense maak.
Sy se mense se talent kan ander se lewe verander en dit is wat sy met haar sangtalent beoog.