Jong krieket arende vlieg hoog
Die Rising Eagles, n o.l 3-krieketspan, saamgestel uit die omliggende skole in Worcester, is die geesteskind en inisiatief van Bjorn Cochrane, ‘n welbekende in sportkringe in die dorp en voorwaar iemand met n passie vir die sport.
Die span het van 2 tot 6 Oktober aan die Optima-Feedem- T20-kriekettoernooi in Bellville deelgeneem.
As die enigste span uit Worcester moes die span elke dag reis om hul wedstryd-verpligtinge na te kom.
Hulle het met die opwinding en hul ingesteldheid waarlik alle verwagtinge oortref en goeie rekenskap van hulself teen veel groter en sterker spanne uit die Westelike Provinsie gegee.
Uit die vyf wedstryde het hulle vier gewen en net een verloor, wat goed genoeg was om hul plek in die eindronde te bespreek.
Hulle het egter in die eindronde verloor, maar kan trots wees op dit wat hulle vermag het. Selfdissipline, ‘n gesonde spangees asook die wil om te wen ontbreek glad nie by die jong spelers nie. Die ervaring van ‘n onvergeetlike week sal die seuns vir die res van hul lewe bybly.
Volgens Cochrane, die afrigter, was die toernooi goeie blootstelling vir die seuns wat die eerste keer in twee jaar mededingende krieket gespeel het. Hulle moes weens baie min tyd tot hul beskikking vir voorbereiding en met beperkte geriewe vir afrigting ‘n kreatiewe ingesteldheid he om hulle deur te dra. Cochrane som die span as vegters en skitterende ambassadeursop.
Die beste kolwervirdie week was Bryan Cochrane,, wataitesaam 145 lopies teen ‘n gemiddelde van 29 aangeteken het met ‘n hoogste telling van 67 nie uit nie. Die beste bouler van die toernooi was ook van Rising Eagles Academy. Chad Potgieter het 12 paaltjies laat kantel met ‘n beste ontleding van 4 paaltjies vir 16 lopies.
Verder het Cochrane almal bedank wat ‘n positiewe bydrae gelewer het om diejong spelers se deelname moontlik te maak.
Cochrane beklemtoon verder die visie van die Rising Eagles Academy is om voort te bou op die grondslag wat nou gevestig is en hul vlerke verder te sprei. Hul leuse is: “Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag” (Josua 40).
Cochrane is n gesertifiseerde vlak 2-krieketafrigter onder die vleuel van Boland Krieket en Krieket Suid-Afrika. Sy filosofie is eenvoudig – ploeg terug wat krieket horn gebied het om die sport onder die jeug in sy totaliteit te laat groei, geestelike waardes aan te leer, vaardighede te verskerp en laastens om hulself uit te leef en dit te geniet. As n oud-Boland-krieketspeler glo hy dat jou omstandighede nooit in die pad van jou toekoms moet staan nie.
Coach Bjorn, soos die spelers horn noem, rig ‘n versoek aan meisies en seuns tussen 7 en 18 jaar om by die Rising Eagles-familie aan te sluit om voort te gaan om krieket die elite-sport te maak wat dit moet wees.. Vir enige verdere navrae, kontak Bjorn Cochrane by 065 859 5715 of Warren Potgieter by 083 426 2505.