Help Sandy’s Eden magies volmaak
Die Group of Hope-rehabilitasieprogram van die Korrektiewe Dienste se lede het 250 kg hondekos aan die Sandy’s Eden-dierewelsynsorganisasie geskenk. Juenieta Everson (regs) is hier saam met vier van die gevangenes wat die hondekos oorhandig het.
Die Sandy’s Eden-dierewelsynsorganisasie, n organisasie sonder winsbejag, trek baie swaar en hy benodig steun van die publiek.
Volgens Juenieta Everson lewer die organisasie daagliks kos vir 138 diere af.
“Dit is ongeveer 125 kg kos wat onsperdag in en om Worcester uitdeel. Dit isdeel van ons voedingskema waar ons eienaars help wat honde en katte het, maar wat te min verdien om kos te koop vir hul diere. Die mense gee baie om vir hul diere. n Mens kan nooit se dat ‘n arm mens nie lief is vir sy of haar diere nie,” se Juenieta.
Die skema sluit ook kos en medisyne vir siek diere in.
Die organisasie dra nie net die las van die voedingskema nie, maar daar is ook n rekening van R4 000 by n veearts wat vereffen moet word voor hy weer diere kan neem vir behandeling.
Sandy’s Eden is onlangs as n organisasie sonder winsbejag geregistreer. Dit beteken ondernemings kan skenkings wat hul maak vir die organisasie as n belastinguitgawe terugeis.
“Ons is ook bekend vir ons sterilisasieveldtogte waar ons honderde katte en honde steriliseer. Ons betaal egter tot R33 000 vir sulke veldtogte wat uit ons eie sak kom.” vertel sy.
Sy noem daar is tans n groot probleem in Worcester, want mense skenk nie sommer geld vir die diere nie. “Ons vra die publiek mooi om ons by te staan in hierdie moeilike tye.”
Sy bedank wel die mense en ondernemings wat die organisasie die afgelope twee jaar ondersteun.
“Indien iemand ons wil help met donasies, kan hulle my bel by 076 597 3027,” se Juenieta. “Ons sal nie nee se vir hulp nie.”
. By Group of Hope kry gevangenes die kans om n verskil in hul gemeenskap te maak. Hulle neem gereeldaan uitreik-aksies deel.
Source: Worcestyer Standard News