Gemengde welslae vir Brandvlei-hengelaars
Voller damme is altyd goeie nuus, veral in die Wes-Kaap, maar vir sommige hengelaars was dit die afgelope naweek ietwat van ‘n frustrasie in die Brandvlei-varswaterhengelkompetisie by Kwaggaskloof.
Onderwaterplantegroei is nie sigbaar nie en vir die hengelaars wie se hoeke aanmekaar daarin verstrengel geraak het, was dit geen plesier nie. Altesaam 136 karpe en 12 witvisse is ingeweeg.
Brian Fulton het die A-sone gewen met Danie Wilmot tweede en Peppie van Tonder derde. Nicky Vice het die vroueafdeling gewen.
In die B-sone was Johan Coetzee eerste met Werner Cronje en Tiaan de Jongh tweede en derde, terwyl Lourista de Jongh die wenner van die vroueafdeling was, Jaco Bothma het die swaarste karp ingeweeg.
‘n Baie interessante laaste twee kompetisies vir die seisoen le voor met slegs agt punte tussen die topvyfhengelaars.
Source: Worcester Standard News
Comments