Change makers vier opening van perseel
Change Makers, die Christen-organisasie wat hulp verleen aan mans wat vasgevang is in dwelm- en alkoholverslawing en bendebedrywighede, het onlangs na ‘n nuwe perseel verskuif.
Die sentrum is nou gelee op die hoek van Hartwiglaan en Stynderstraat, by die bekende Moria-huis in Roodewal.
Change Makers se vorige perseel was by die Kibbutz El-Shammah.
Die opening is Vrydag 23 November saam met personeellede, studente en belanghebbendes gevier. Die huurooreenkomsstrekoor lOjaar.
James en Tina Clearly, twee afgevaardigdes van Rope, n Christelike organisasie sonder winsbejag in die Verenigde Koningkryk, het die opening van die nuwe perseel bygewoon.
Rope bele daarin om mense se lewe te verander deur werk in verdienstelike gemeenskappe te doen, onder meer in Afrika, die Midde-Ooste en Indie.
Die nuwe perseel kan tot 16 mans huisves. Voorheen kon slegs agt mans gehuisves word. Mans tussen 18 en 35 jaar oud word in die rehabilitasieprogram, wat ses maande duur, opgeneem. Die program bestaan uit aktiwiteite soos houtwerk, vaardigheidsontwikkeling, uitreikings na gemeenskappe en fokus op verhoudings bou met kinders.
Volgens ‘n student wat die rehabilitasieprogram in 2016 suksesvol voltooi het, Brendan Booysen (25), het hy baie by die Change Makers-fasiliteerders geleer. “Ek is deur die Toevlug-rehabilitasiesentrum na Change Makers verwys. Ek was vir nege jaar in dwelms en bendeaktiwiteite vasgevang. Ek het in Roodewal grootgeword en het niks anders geken nie, maar die Here het my wonderbaarlik kom red.”
Booysen werk vandag vir Change Makers, want die personeel het sy potensiaal raakgesien. Booysen se Change Makers het vir horn baie beteken en hy wil die guns aan iemand anders oordra.
“Ek wil graag ander verlore mans help. Ek het ‘n nuwe geleentheid deur die program gekry om ‘n verhouding met my seun te bou.”
Booysen raai ander jong mans aan om die regte besluite te neem. “Mense blameer altyd hul omstandighede, maar keuses speel ook ‘n belangrike rol. Maak skool klaar en street daarna om jou voile potensiaal te bereik.”
Read more article on Worcester Standard News