WorcesterBoland verteenwoordig – Worcester https://showme.co.za/worcester Worcester, Western Cape in South Africa for all your local and tourism information; from accommodation to events, entertainment, attractions and news in the Breede River Valley - ShowMe Worcester | T Feed Wed, 06 Mar 2024 08:12:29 +0000 hourly 1 https://showme.co.za/worcester/?p=22465 Boland verteenwoordig https://showme.co.za/worcester/news/boland-verteenwoordig/ Mon, 20 Sep 2021 08:25:14 +0000 Drie atlete van Fit2Run gaan Boland in die SA landloopkampioenskap in Durban, wat Saterdag 18 September plaasvind...]]> Drie atlete van Fit2Run gaan Boland in die SA landloopkampioenskap in Durban, wat Saterdag 18 September plaasvind, verteenwoordig. Die drie atlete isjuyeren November, Lee-Tin Syfers en Chenique Sas.

Volgens Norman Ontong van Fit2Run gaan Sas probeer om haar prestasie van 2019 te verbeter. Sy was destyds die enigste Boland-atleet wat n medalje in die 4 km-wedloop tydens die Atletiek Suid-Afrika

(ASA)-kampioenskap verwerf het. Sy het ook reeds medaljes op die SA kampioenskap in die hindernis-item verwerf. Syfers het vanjaar ‘n silwer medalje in die 1 500 m-hindernisren vir seuns o.15 op die ASA-kampioenskap in Paarl verower.

November het aan die begin van die jaar ook aan die hindernis-item in Paarl tydens die ASA- baan- en veld-kampioenskap deelgeneem. “Ons atlete was opgewonde toe hulle hoor hulle kan na twee jaar weer op toer gaan. Vir atlete wat so hard werk, was die afgelope twee jaar baie moeilik – ook in die sin dat een van ons atlete, [Sas], by die laaste SA byeenkoms in 2019 in Pretoria die enigste medalje vir Boland verwerf het,” se Ontong. Op die foto is Sas (voor) en Syfers (agter in blou geklee). Foto: Boland verteenwoordig

-Worcester Standard News

]]>