Beste kos hom alles
Wat veronderstel was om ‘n oomblik van triomf te wees, het op ‘n hartverskeurende wysegeeindig.
Dit is kortliks n kykie agter die skerms na die merkwaardige poging van die jong verspring-sensasie van Wolseley, Divan Manuel. Die gebeure het horn afgespeel by die Ussa-atletiekkampioenskapsbyeenkoms in Johannesburg waar Manuel, ‘n tweedejaarstudent aan die Universiteit van Johannesburg, deelgeneem het.
Manuel het nadat hy in sy eerste twee pogings met sy vastrap misluk het, in ‘n oomblik van briljantheid met n merkwaardige laaste poging sy naam tot in die rekordboeke laat skryf met ‘n persoonlike beste van 8,04 meter. Hy is slegs die llde verspringer in die SA geskiedenis om verder as 8 m te spring en dit was die derde keer in 2021 dat hy dit vermag het. Dit plaas horn tans in die derde posisie in die land met die alombekende Ruswahl Samaai in die eerste plek. Manuel het met hierdie merkwaardige poging die eerste plek by die 2021- Ussa-studentekompetisie behaal.
Dit was egter met daardie laaste poging van horn dat Manuel so te se siel, gees en liggaam op die spel gesit het, maar ‘n ernstige kniebesering opgedoen het wat horn vir ongeveer nege tot 12 maande buite aksie gelaat het.
Vir Manuel moes dit ‘n geweldige slag gewees het veral omdat hierdie besering sy kanse om vanjaar in Italie te gaan deelneem, asook sy potensiele deelname aan die Olimpiese Spele, erg in die wiele gery het.
Manuel het die atletiekwereld as ‘n onbekende betree en verstom, tog beskik hy oor ‘n indrukwekkende veldrekord wat horn met die bestes in die land kan laat saamgesels.
ouer hart sal laat swel van die trots en bewondering, want dit is wat hierdie pragtige 24-jarige jongman na hierdie klein dorpie gebring het.
Voeg daarby sy sterk geestelike waardes wat deel van sy menswees is, en jy het iemand wat die hele atletiekwereld omarm en na wie almal sal wil opkyk.
Manuel se besering was dalk vir horn ‘n geweldige slag, maar omdat God die anker in sy lewe is, is daar geen rede waarom hy nie sterker en beter na die atletiekbaan sal terugkeer nie.
Manuel staan met ouderdom aan sy kant op die kruin van sy loopbaan met geleenthede op die horison wat wag om aangepak te word.