Nog ’n suksesvolle Spur MTB in Worcester
Montana het uitstekend gevaar in die Spur Skole Bergfietswedren tydens die Wes Kaapse ronde van die 2016 seisoen in Worcester.
W.G. van der Walt en Samuel Swart van Montana eindig onderskeidelik eerste en derde in die sub-junior seuns-wedren; Jean Esterhuyse was tweede in die jeugafdeling vir seuns en Juarnett West tweede in die jeugafdeling vir vroue. Johann Trotzky van Montana wen die junior seunsafdeling in ’n uitstekende wedren.
HTS Drostdy het ook mooi presteer met Surine van Tonder wat tweede geëindig het in die jeugafdeling vir vroue.
Montana is tans nog op derde plek in die seunsafdeling met 437 punte teenoor Drostdy se 378 punte.
Beide spanne staan steeds ’n goeie kans om te kwalifiseer vir die Spur Skole Bergfietsfinaal wat op 8-9 Oktober by Bekkerskool in Magaliesburg gehou word. Die Wes-Kaap finaal vind op Saterdag 17 September plaas by Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch, waar die skole ’n laaste kans sal kry om punte in te vorder.
Source: Worcester Standard News