Twee HTS Witbank ruiters saal op vir nasionale kampioenskap
Shannon Lewis en Anouk van Vuuren is onlangs in die Mpumalanga A-span opgeneem om binnekort aan die Nasionale Perdeskou-kampioenskappe te gaan deelneem.
Beide ruiters verteenwoordig die Hoër Tegniese Skool en het in verskeie klasse gekwalifiseer tydens die Phoenix Flying Squad Mpumalanga-kampioenskap en Sanesa Q4 wat tussen 20 en 23 Julie plaasgevind het.
Shannon en haar perd, Saffier het gekwalifiseer in die ‘Equitation,’ ‘Showjumping 1’ (1meter), ‘Showjumping 2’ (1meter), ‘Working Hunter’ en ‘Handy Hunter’ klasse.
Anouk en haar perde Chrysalis Skyler en Destalsmit Foxtrot het in drie skouspring-klasse gekwalifiseer.
Read the full article on: Witbank News
Comments