Sonkei Karate dojo spog met 12 medaljes
Die dojo spog met drie goue, vier silwer en vyf brons medaljes. Prajith Swegobin en Deandré Schourie het goud gewen.
Die Sonkei Karate dojo kan hulle koppe hoog hou met hul indrukwekkende 12 medaljes by die onlangse wêreldkampioenskappe.
Die Shotokan Wêreld Karate Federasie Wêreldkampioenskappe het in Miami, Amerika plaasgevind. Ses studente van die dojo het teen karatekas wat 20 ander lande verteenwoordig het, meegeding.
Die dojo spog met drie goue, vier silwer en vyf brons medaljes. Prajith Swegobin en Deandré Schourie glimlag breed met hul goue medaljes.
Deandré het twee goue medaljes gewen in die kumite en ‘fighting’ afdelings en Prajith het een goud behaal in die ‘fighting’ afdeling en ’n brons in die kata.
Read the full article on Witbank News
Comments