AfriForum stoot plat en maak skoon
’n Leë stuk grond langs die polisiestasie het ’n seeroog geword vir inwoners van Woltemadestraat.
Vullis is daar gestort en haweloses het dié ook hulle tuiste gemaak.
“Die kriminele faktor het ook ingesluip en boosdoeners het gereeld plastiek van koperdrade kom afbrand, of hulle buit kom tel,” het ’n inwoner wat verkies om anoniem te gesê.
Die plaaslike AfriForum-tak het besluit om in te spring om die stuk grond gelyk te stoot en skoon te maak.
“As die stuk grond plat gestoot is, gaan ons die gemors optel,” het mnr. Alf Friess van AfriForum gesê.
Read the full article on: Witbank News
Comments