Sneeu in die Vaal
7 Augustus 2012 sal vir baie mense ‘n datum wees wat hulle nooit sal vergeet nie, toe die sneeu liggies op plante gaan lê het en ‘n sprokiesagtige prentjie rondom almal geskep het.
Vroeg oggend het sneeuflokkies die aarde bedek van die Vrystaat af reg deur tot Gauteng. Die sneeu het die plante versier en ‘n gevoel van kersfees in almal se harte warm gemaak. Gewoonlik wil almal binne wees as dit koud is, maar die opgewondenheid van sneeu het die koue weg gedryf en mense kon nie genoeg kry van hierdie wit wonder nie.
Kinders en selfs volwassenes het sneeu balle gegooi en selfs sneeumanne gebou, iets wat mens gewoonlik net op films sien. Dit was regtig ‘n aangename verandering wat mens baie min in die deel van die wêreld sien.
Maar die gebeurtenis was maar korte duur en so gou as wat dit gekom het, het dit weer verdwyn en alles is weer terug na normaal en nou trotseer die vaal net die koue wat agter gelaat is…
by Louwrencia Venter