‘n Groot Wonderwerk vir Klein Pippie Kruger
Die pragtige wonderwerk het mense reg oor die wêreld se hart aangegryp. Nou is Pippie sterk oppad na ‘n wonderlike herstel. Pippie het soveel al verbeter en doen nog elke dag.
Die 3-jarige Isabella (Pippie) Kruger het ‘n veloorplanting gekry na sy verlede jaar derdegraadse brandwonde oor 80% van haar lyf opgedoen het.
Pippie het die brandwonde opgedoen nadat ‘n bottel vuuraansteekjel op Oujaarsaand in haar pa, Erwin, se hande ontplof het. Pippie se nuwe gekweekte vel het van die VSA in Suid-Afrika aangekom voor sy die veloorplanting gekry het.
Pippie se ma, Anice, het op Facebook geskryf:
Dis klaar dis perfek dis awesome God is amazing geen komplikasies in teater nie…ek is die trotste mamma en Erwin die trotste ouers in die wereld kan nie glo die Here het pippie vir ons gegee en nou weer perkek gemaak nie.
Volgens berigte is Pippie die eerste persoon in Suid-Afrika om die operasie te kry. Die vel is uit dele van Pippie se vel gekweek en moes binne 24uur ooregplant word.
Skryf onder ‘n boodskappie wat ons aan klein Pippie kan gee wanneer ons haar gaan besoek.
Louis, Cilia, Wald & Liebert
Hi Pippie, jy is so ‘n groot inspirasie vir ons almal. Jy is ons held, al is jy nog so klein. Ons bid en vertrou dat die lang herstelpad vir jou net die beste sal oplewer. Sterkte ook aan jou ouers wat alles vir jou doen. As ouers kan ons net die pyn van ‘n ouerhart voel. Ons gebede is met julle.
magda
Pippie, jy is die sterkste ou dogtertjie wat ek nog van gehoor het. Weet dal jy altyd in ons gebede is, jy is pragtig en ons weet dat jy deur Sy genade sterk sal staan en dat die herstel elke dag net beter en beter sal word. Sterkte my klein meisie en ons dink aan jou en jou ouers.
pulane
Pippie, You are such a precious gift not just to your parents, but to the whole world. You are such a fighter and that shows you are destined for great things ahead in life. God Bless.