Twee van Parys se top matriekpresteerders het oog op geoktrooieerde rekenmeester-studie
Hoërskool Parys se 2019 matrikulante het weer geskitter met spog uitslae en is een van die skool se leerders, Joshua van Zyl, onder die top 100 matrikulante in die Vrystaat-provinsie. Joshua is dan ook genoooi na die Onderwys Departement se “Well Done” funksie wat vanoggend by die Sentrale Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein gehou is vir die provinsie se beste kandidate.
Hy het onderskeidings behaal in al 7 sy vakke wat Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, wiskunde, lewensoriëntering rekeningkunde, fisiese wetenskappe en rekenaartoepassingstegnologie ingesluit het.
Comments