Cyril het geen verskonings meer nie
RAMAPHOSA kon onder die omstandighede nie droom oor ‘n sterker mandaat as die 57%-steun wat die ANC in die verkiesing gekry het of ‘n meer lojale kabinet as die een wat Woensdag aangewys is nie. Dit beteken niemand hoef meer verskonings vir sy huiwerigheid en oorversigtigheid uit te dink nie.
Stoere Ramaphosa-lojaliste is verreweg in die meerderheid in die nuwe kabinet en die paar bene wat vir die terugveg-faksie uitgegooi is, hou hulle min of meer in die kraal.
‘n Nuwe daeraad, vernuwing, huisskoonmaak en ekonomiese groei was Ramaphosa se beloftes en thuma mina sy oproep. Hy belowe al lankal dat hy sy visie volledig gaan toepas as hy eers ‘n verkiesing gewen en ‘n eie kabinet aangestel het. Nou is dit tyd vir uithaal en wys.
Comments