Dié rekord het Parys nog nooit gesien nie!
Parys Gazette maak hierdie week geskiedenis met ‘n rekord uitgawe van 32 spog bladsye – die eerste keer in die geskiedenis van die koerant se bestaan dat dié mylpaal bereik word. Dit danksy ons lesers en adverteerders wat dit moontlik gemaak het om te kan spog met ons dorp se uithaler besighede wat genomineer is vir die eerste Best of Parys toekenning.
MooiVaal Media, eienaar van Parys Gazette, het die projek geloods sodat lesers sakeondernemings kon nomineer wat na hul mening die hoogste gehalte diens en produkte lewer. Ondernemings wat die ekstra myl loop om uitstaande diens en kliënte tevredenheid te waarborg.
Die meer as 2 000 nominasies van ons lesers wat ontvang is vir by die 300 ondernemings in die onderskeie kategorieë het gewys dat Parys met reg kan trots wees op sy sakelui.
Nou moet daar gestem word vir die wenners in elke kategorie.
Onthou dat dit ‘n aanlyn kompetisie is, en jou stem dus slegs tel as jy die aanlyn stemvorm invul.
- Jy kan daagliks stem
- Jy kan in meer as een kategorie stem vir die besighede van jou keuse.
- Jy kan egter net vir een onderneming in elke sub-kategorie stem.
Om te stem is so maklik soos om die aanlyn-skakels vir die onderskeie kategorieë te volg wat jou direk na die stemvorm neem, of deur die QR-kode te skandeer wat in hierdie week se Best of bylae in Parys Gazette gegee word asook hieronder.
Duidelike instruksies van hoe jy te werk gaan om ‘n QR-kode te skandeer, word ook in die bylae gegee sou jy onseker is oor hoe dit werk.
Hieronder is die QR-kode wat jy kan skandeer om by die stemblad te kom vanwaar jy na die onderskeie afdelings kan gaan om te stem.
Hier is die onderskeie skakels na die hoofblad en die kategorieë sou jy verkies om eerder die skakels te volg of met kliënte/lesers te deel:
Hoofblad
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/best-of-parys-voting/
Kategorieë
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/eat-drink/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/health-beauty/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/automotive/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/retail/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/hospitality/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/services/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/home-improvements/
Stemme sluit 23 Augustus waarna die wenners amptelik aangekondig sal word.
Dankie aan elkeen van ons lesers en adverteerders wat die prestasie moontlik maak, wat die projek ondersteun het, en help om ook op hierdie manier erkenning te gee aan plaaslike sakeondernemings wat jou ondersteuning nodig het.
ONS IS TROTS PARYS!!!
Deur