Witkruis Monument Opgradering
Die boeregemeenskap van Polokwane en Potgietersrus in Limpopo het Saterdag 19 September 2020 by die Witkruismonument langs die N1 bymekaar te kom om nóg wit kruise te plant as eerbetoning aan die boere wat die afgelope jaar tydens plaasaanvalle vermoor is.
Altesaam 64 kruise is by die meer as 2 000 kruise wat reeds in die grond staan, geplant.
Meer as duisend boere en lede van die gemeenskap die geleentheid bygewoon.
Almal het die oggend tussen 07:00 en 07:30 by die Caltex Starstop-vulstasie langs die N1, digby Polokwane byeenkom en met hul voertuie in ʼn konvooi na die Witkruismonument gery. Die verrigtinge het om 09:00 begin.
Boere was aangemoedig om met hul trekkers en vragmotors die geleentheid by te woon.
Die dag was geopen met ‘n Skriflesing en gebed waarna die perdekommando aangekom het. Daarna het ʼn paar sprekers gepraat, onder andere die sanger Steve Hofmeyr. Hy het ook die kruise uitgedeel.
Die gemeenskap het reeds die afgelope maand saamgestaan teen die voortdurende plaasaanvalle en -moorde en het verskeie kere na die Morebeng-landdroshof opgeruk wanneer die drie verdagtes verskyn het in verband met die aanval op Chris en Leonise Joubert aan die begin van Augustus.
Die verdagtes, onderskeidelik 18, 29 en 38 jaar oud, staan tereg op aanklagte van roof met verswarende omstandighede, huisbraak met die doel om te roof, twee aanklagte van verkragting, aanklagte van poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.
Die 18-jarige verdagte is uitgeken as die seun van ʼn huiswerker wat op die plaas werk.
Dit is elke keer skrikwekkend om te hoor hoe die plaasaanvalle en -moorde wat met wreedaardigheid gepaardgaan net toeneem. Die ergste is die vernedering wat die aanvallers agterlaat. Onskuldige mense wat die land dien, word vermoor en verkrag. Dit maak my as boer woedend. Ons is keelvol