Vaalpark Kothuismark
Teken tog aan op jou kalender, my 0u:
vir almal wat hul kreatiewe siele gelukkig wil hou
staan Vaalpark Kothuismark se uitstallers
Op 30 & 31 Mei 2014 in die tou!
Met hulle handige hande en vlytige vingers gaan hulle jou help om jou aftik-geskenklysie kaf te draf –daarmee kan jy hul verseker vertrou!
Wie wil in elk geval nou staan en aanlyn koop
as jy op jou gemak deur ons stalletjies kan loop?
Ons ondersteun “pragtig en plaaslik” en
hier loop die stroom van kuns-met-stories dik:
van drome op ‘n swartbord, tot gekiek, geverf en getik…
Kry hier teël-dekor, verleidelike soetgoed, aweregse hekelwerk, sandkunsklasse, vintage-memorabilia, houtwerkmaaksels, hondejassies, handgemaakte kinderklere soos in ‘n dogtertjieboetiek, tafelversierings van ‘n kaalkop se ontwerper, Nico Moolman se nuwe kinderboek – en bo alles –
in die Teetuin ‘n heerlike stukkie tuisgebakte koek!
Tye: Vrydag, 30 Mei: 09:30–18:00 Saterdag, 31 Mei: 08:30–15:30
www.xhibitors.co.za/vaalparkkothuismark