The Natural African – Aloe Ferox, jou natuurlike alternatief
The Natural African se visie is om volhoubare natuurlike produkte te bekom en te vervaardig wat gefokus is op algehele gesondheid, welstand en velsorg. Die kern besigheid bestaan hoofsaaklik uit Aloe Ferox produkte omrede dit n bekostigbare produk is wat werk vir ekseem, aknee, spysvertering, gewigsverlies, wond genesing, brandwonde… om net n paar te noem. Die beste nuus is egter dat dit baie bekostigbaar is.
In hierdie uitgawe sal die klem val op die Aloe Ferox plant wat n inheemse aalwyn is, eie aan Suider Afrika. Die vraag op almal se lippe is egter: “Wat maak Aloe Ferox anders as die meer bekende Aloe Vera?”
Die Ferox aalwyn het n unieke anatomie wat hierdie plant baie waardevol maak in die natuurlike gesondheids kringe. Aloe Ferox is bekend as die aalwyn met n dikotstam dws die vaskulere bondels waar die aloin (bitter sap) gekonsentreerd is , word in n konsentriese sirkel aan die binnekant van die blaar aangetref. Hierdie eienskap verseker n natuurlike en volhoubare ekstraksie proses.
Sedert 1763 bly die Oes proses van Aloe Ferox onveranderd. Nomadiese “Aalwyn Tappers” soos hulle in die volksmond bekend staan, identifiseer die volwasse plante wat groter is as 500mm. Die onderste blare word met n sekel af gesny en verwyder maar om volhoubaarheid van die plant te verseker word daar 18 tot 20 blare aan die bokant gelos. Oestyd vind verkieslik na die reen seisoen plaas wanneer die aalwyn se blare mee vog bevat en sodoende beter afloop van die aloin (bitter sap) verseker.
Hierdie blare word nou in n silindriese vorm bo op mekaar rondom n rubber mat (in sommige gevalle word n leer vel gebruik) gepak. n Holte in die grond, onder die mat skep n indentasie waarin die bitter sap in die afloop proses opgevang word. Nou neem gravitasiekrag oor. Die blare word vir 8 na 10 ure so gelos sodat die optimale hoeveelheid aloin verwyder kan word. Die bitter sap is nou gereed om in houers gegooi te word en deur die Aalwyn Tappers aan die groter fabrieke verkoop te word. In sommige gevalle word die sap in die veld eers in n groot drom op n oop vuur gekook en daarna sal dit verhard in n soliede blok bitter kristalle. Die fabrieke verwerk dan hierdie bitter sap na verskeie gesondheids produkte
Voedingswaarde van Aloe Ferox
Daar is tot op hede van meer as 130 biologies-aktiewe verbindinge in die aalwyn wetenskaplik verslag gelewer. Met soveel medisinale bestanddele kan die aalwyn voorwaar as ‘n apteek beskryf word. Die Aloe ferox-blaar bevat bestanddele soos aminosure, minerale, vitamiene, polisakkariedes, glukoproteïene, antrakonone, ensieme, lignien, chlorofil, saponiene, sterole en ander plant-ekstrakte met verskeie medisinale aktiwiteite. Aloe Ferox bevat 28% meer aloin as Aloe Vera asook 36% meer aminosure.
The Natural African is voorwaar n maatskappy met n visie om slegs die beste bestandele uit die natuur te gebruik om produkte van uitstaande gehalte te verskaf en die Aloe Ferox produkte is is heel bo aan die lys.
Vind meer uit oor The Natural African en ons produkte deur ons te skakel te: +27(0)64 585 9817