Uitklop Oekraïner pak Rus in kryt
‘n Oekraïense bokser het nie gedink hy sal vandag nof in Suid-Afrika woon toe hy twee jaan gelede hier aangekom het om die nasionale swaargewig-bokskampioen Ruann Visser, te help oefen nie.
Maar die professionele swaargewigbokser Valdyslav Sirenko (24) skryf dit toe aan die mooiweer en die liefde in sy lewe dat hy sedert 2017 in Meyerton, Midvaal, woon.
Boonop is dié land glo glad nie ‘n slegte keuse vir ‘n amateur wat ‘n loopbaan van dié sport wil maak nie.
“Ek si al sedert 2012 in Oekraïne se nasionale amateurboksspan,” sê Sirenko.
“Amateurboks is groot in Oekraïne,” voeg sy verpleegstermeisie, Marissa Viljoen (25) by.
“Toe besluit ek op die ouderdom van 22 om ‘n professionele bikser te word,” sê Sirenko.
Kort voor lank het hy sy professionele boksdebuut in Durban gemaak.
Sedertdien is hy bekend as een van die mees doelike bokser op Suid-Afrikaase bodem.
Hy her twee titels agter sy naam: Die WBF-internasionale kampioen en die Duitse internasionale kampioen.
Sirenko het elkeen van die 11 gevegte waaraan hy deelgeneem het, gewen. Trouens, 10 van die oorwinnings was uitslaanhoue in die eerste rondte.
“Hy is tans een van die top-100-boksers in die wêreld,” spog Viljoen.
Sirenko sê hy is die meeste verbaas oor sy sukses.
“As jy my drie jaar terug gesê het ek gaan ‘n professionele bokser wees, sou ek vir jou gelag het en hier is ek nou.”
Die Oekraïner sal eersdaags teen die heelwat ouer en meer ervare Russiese Denis Bakhtov in die Battle of the Warriors te staan kom.
Dié boksproduksie is op 23 Junie by die Time Square Casino in Pretoria te sien.
“Dit neem so ‘n maand om vir ‘n geveg voor te berei,” sê Sirenko.
Hy oefen weekliks kliphard by Moove Motion Fitness Club in Sandton.
“Dis een van die moeilikste sporte wat daar is, so ‘n bokser moer álles oefen. Jy hardloop, swem, boks, doen fiksheidsoefeninge en oefen gewigte.”
Die naweke hou hy uit vir Viljoen en hul twee hondjies, Bree, ‘n chihuahua en Frits, ‘n Duitse Pinscher.
Artikel geskryf deur Jeanelle Greyling en is oorspronklik in die Beeld Metro-Suid gepubliseer.